duimnael|Die Andromeda-sterrestelsel met M110 links bo en M32 regs in die middel.
Die Andromeda-sterrestelsel (M31) het, nes die Melkweg, satelliet-sterrestelsels. Daar is tussen 14 en 19 satellietstelsels: Die helderste en grootste een is Messier 32, wat met ’n kleinerige teleskoop gesien kan word. Die tweede helderste en naaste een is Messier 110. Die ander stelsels is dowwer en die meeste is vanaf die 1970's ontdek.
Op 11 Januarie 2006 is aangekondig Andromeda se dowwe satellietstelsels lê op, of byna op, ’n enkele vlak wat deur Andromeda se middel loop. Hierdie onverwagte verspreiding word nog nie verstaan nie. Die vlak van die satelliete wys na ’n nabygeleë groep sterrestelsels, die M81-groep, en hou moontlik verband met die grootskaalse verspreiding van donker materie.
Tabel van bekende satelliete Andromeda se satelliete word hier gelys volgens die datum van hul ontdekking (die wentelafstand is nie bekend nie).
+ Die Andromeda-sterrestelsel se satelliete Naam Tipe Afstand vanaf die Son(in miljoen ligjare) Regte klimming** Deklinasie** Absolute magnitudeThe SPLASH Survey: Internal Kinematics, Chemical Abundances, and Masses of the Andromeda I, II, III, VII, X, and XIV Dwarf Spheroidal Galaxies, Kalirai, J. S. et al., 2010 Skynbare magnitude Massa-tot-lig-verhouding Jaarontdek Notas Messier 32 dE2 2,48 +9,2 1749 Messier 110 dE6 2,69 +9,4 1773 NGC 185 dE5 2,01 +11 1787 NGC 147 dE5 2,2 +12 1829 Andromeda I dSph 2,43 -11,8 +13,2 31 ± 6 1970 Andromeda II dSph 2,13 -12,6 +13 13 ± 3 1970 Andromeda III dSph 2,44 -10,2 +10,3 19 ± 12 1970 Andromeda IV * dIm? 22-24 +16.6 1972 Voorheen is geglo dis ’n dwerg van Andromeda, maar dit is in 2014 verkeerd bewys. Andromeda V dSph 2,52 -9,6 +15,4 78 ± 50 The scatter about the 'Universal' dwarf spheroidal mass profile: a kinematic study of the M31 satellites And V and And VI, Collins, M.L.M. et al., 2011. 1998 Pegasus Sferoïdale Dwergstelsel(Andromeda VI) dSph 2,55 -11,5 +14,5 12 ± 5 1998 Cassiopeia-dwerg(Andromeda VII) dSph 2,49 -13,3 +12,9 7,1 ± 2,8 1998 Andromeda VIII dSph 2,7 +9,1 2003 Andromeda IX dSph 2,5 -8,3 +16,2 2004 Andromeda X dSph 2,9 -8,1 +16,2 63 ± 40 2005 Andromeda XIDiscovery and analysis of three faint dwarf galaxies and a globular cluster in the outer halo of the Andromeda galaxy, N. F. Martin et.al, 2006. dSph -7,3 2006 Andromeda XII dSph -6,4 2006 Andromeda XIII dSph -6,9 2006 Andromeda XIVDiscovery of the Local Group Galaxies dSph -8,3 102 ± 71 2007 Andromeda XV dSph -9,4 2007 Andromeda XVI dSph -9,2 2007 Andromeda XVII dSph -8,5 2008 Andromeda XVIII dSph/Sm 2008 Andromeda XIX dSph -9,3 2008 Andromeda XX dSph -6,3 2008 Andromeda XXI dSph -9,9 2009 Andromeda XXII dSph -7 2009 Andromeda XXIII dIrr 2011 Andromeda XXIV 2011 Andromeda XXV 2011 Andromeda XXVI 2011 Andromeda XXVII 2011 Andromeda XXVIII (reprinted in R&D Magazine) dSph 2011 Andromeda XXIX dIrr 2011 Getystroom Noordwes (Getystroom E en F)New tidal streams found in Andromeda reveal history of galactic mergers 2009 Getystroom Suidwes 2009 Driehoek-sterrestelsel*(M33) SA(s)cd 2,59 +6,27 1654? Presiese afstand van en verhouding met Andromeda onseker * Dit is onseker of dit ’n metgeselstelsel van Andromeda is.
** Kursiewe RK/Dek-waardes is rowwe ramings.
Wisselwerking met Andromeda duimnael|450px|Andromeda in infrarooi, met die gat regs onder. Nuwe beelde van Nasa se Spitzer-ruimteteleskoop het lig gewerp op Andromeda se gewelddadige verlede. Dit wys een van Andromeda se satellietstelsels, Messier 32, het ’n paar miljoen jaar gelede deur een van Andromeda se spiraalarms gebars. Infrarooi-beelde van Andromeda se twee spiraalarms wys hulle en die prominente stervormingsring is aparte strukture. Die beelde wys ook ’n gat waar die ringe oënskynlik in boë verdeel. Sterrekundiges glo M32 het by hierdie gat deur Andromeda se galaktiese skyf gebars.
Sien ook Lys van Melkweg se satelliet-sterrestelsels Lys van die naaste sterrestelsels Plaaslike Groep
Verwysings
Andromeda