Abercrombie & Fitch (A&F) is 'n Amerikaanse klerewinkelketting wat hom op gesofistikeerde, dog informele klere vir jong verbruikers toespits. Die onderneming, wat sy hoofkwartier in New Albany naby Columbus, Ohio het en waarvan die aandele op die New Yorkse Aandelebeurs genoteer word, is een van die groot rolspelers in die internasionale modekleinhandel met 869 winkels in Noord-Amerika, Europa, Asië en die Midde-Ooste.
duimnael|links|A&F-modewinkel in Harbour City, Hongkong Naas A&F bemark die onderneming sy produkte ook onder die handelsmerke abercrombie kids en Hollister Co. (sedert 2000). Laasgenoemde het met sy modereekse, wat deur die Suid-Kaliforniese leefstyl geïnspireer is en teen laer pryse as mode onder die A&F-handelsmerk verkoop word, tienerverbruikers as teikengroep.
Abercrombie & Fitch word tradisioneel verbind met geseksualiseerde bemarkingmetodes, versinnebeeld deur sy "handelsmerk-verteenwoordigers" (voorheen "modelle" genoem) wat met kaal bolywe poseer het om potensiële klante na sy modewinkels te lok. Nadat dié soort advertensieveldtogte kritiek uitgelok het en A&F se hoofteikengroep – hoofsaaklik jongmense – hom toenemend tot ander handelsmerke soos H&M gewend het, het die onderneming begin wegbeweeg van sy fokus op jong blanke verbruikers, fisieke fiksheid en gewaagde advertensiefoto's.fortune.com, 24 April 2015: Abercrombie’s shirtless models are about to cover up. Besoek op 19 April 2015
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Amerikaanse maatskappye