Die Eta Aquarides is ’n meteoorreën wat met Halley se Komeet verbind word. Dit is elke jaar van omstreeks 21 April tot 20 Mei te sien, met sy hoogtepunt op 6 Mei. Anders as die meeste ander jaarlikse reëns is daar nie ’n skerp toename nie, maar eerder ’n redelike tempo wat oor ’n week strek, rondom sy hoogtepunt. Die meteoroïdes wat verantwoordelik is vir die Eta Aquarides het honderde jare gelede van Halley se Komeet afgeskei. Die komeet se huidige wentelbaan is te ver van die Aarde af om ’n bron van meteore te wees.

Waarneming In die Suidelike Halfrond is die Eta Aquarides waarskynlik die beste sterrereën.Skouspel van naghemel binnekort aan die gang, Die Burger Oos-Kaap, 26 April 1995. URL besoek op 17 April 2016. In die Noordelike Halfrond is dit nie so skouspelagtig soos die Leonides nie.

Die reën kry sy naam van die sterrebeeld Waterdraer (Aquarius) omdat sy oënskynlike uitstralingspunt naby een van die sterrebeeld se helderste sterre, Eta Aquarii, is. Die hoogtepunt is sowat een meteoor per minuut, maar in die noorde is dit heelwat minder weens die lae ligging van die uitstralingspunt.

Die beste tyd om dit te sien is, nes by ander reëns, in die vroeë oggendure. Die beste plek is suid van die ewenaar, tot by 30 grade suid.

Verwysings

Eksterne skakels Wêreldwye besigtigingstye vir die Eta Aquaride-meteoorreën van 2016 Waarneming en geskiedenis van die Eta Aquarides 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Meteoorreëns Kategorie:Waterdraer (sterrebeeld)