Herman Philipse (Den Haag, 13 Mei 1951) is 'n Nederlandse filosoof.
Loopbaan Hy is universiteitshoogleraar aan die Universiteit Utrecht en bekend vanweë sy ateïstiese oortuigings. Voorts publiseer hy gereeld oor aktuele onderwerpe in die NRC Handelsblad.
Philipse het regte en filosofie bestudeer aan die Rijksuniversiteit Leiden. Hy studeer ook verder in filosofie in Oxford, Parys en Keulen. Hy was ook vir 'n tyd werksaam aan die Katolieke Universiteit Leuven. Vanaf 1986 was hy verbonde aan die Universiteit Leiden as hoogleraar in filosofie met as spesialisasie kennisteorie. Sedert 1 September 2003 is hy as Universiteitshoogleraar verbonde aan die Universiteit Utrecht.
Philipse is aktief op verskillende terreine en skryf sowel Nederlandse as Engele werke. Veral op die terrein van die kennisleer het hy bydrae gelewer. Hy publiseer ook oor Martin Heidegger, onder meer met die boek Heidegger's Philosophy of Being (1998). Voorts is hy aktief in die openbare debat. Hy het bekendheid verwerf deur die publisering van sy Ateïstiese Manifes (1995), weens sy polemieke oor teologie en moraliteit en as rubriekskrywer by die televisieprogram Buitenhof. Omdat Philipse sy manifes ontoereikend vind om elke godsbewys te weerlê, skryf hy 'n uitgebreide verhandeling God in the Age of Science?: A Critique of Religious Reason (2012), waarin hy 'n besluitboom bekendstel waarvolgens welke gelowige sy of haar geloof in God regverdig, wat die "Universele ateïs" dan sistematies kan dekonstrueer.
Bibliografie Heidegger's Philosophy of Being: A Critical Interpretation, Princeton University Press, 1998, Atheïstisch manifest en De onredelijkheid van religie, Uitgeverij Prometheus, 1995 & 2004, Acht Filosofische Miniaturen – Een hoorcollege over grote denkers van Plato tot Wittgenstein, Home Academy Publishers (audio-cd, 2004), Filosofen van de 20e eeuw – Een hoorcollege over acht moderne denkers, Home Academy Publishers (audio-cd, 2005), Godsdienstfilosofie – Een hoorcollege over religie tussen wonder en wetenschap, Home Academy Publishers (audio-cd, 2006), Wetenschap versus godsdienst – Een hoorcollege over grote conflicten, van Copernicus tot Dawkins, Home Academy Publishers (audio-cd, 2007), Ethiek en Evolutie – Een hoorcollege over de geschiedenis, biologie, filosofie en antropologie van de moraal, Home Academy Publishers (audio-cd, 2008), Godsgeloof of atheïsme? Een hoorcollege over de filosofische strijd der wereldbeschouwingen, Home Academy Publishers (audio-cd, 2009), Filosofische polemieken, Uitgeverij Bert Bakker, 2009, Betrouwbare kennis – Een hoorcollege over wetenschapsfilosofie in historisch perspectief, Home Academy Publishers (audio-cd, 2010), Vrijheid en verplichting – Een hoorcollege over wijsgerige ethiek, van Plato tot Levinas, Home Academy Publishers (audio-cd, 2011), God in the Age of Science?: A Critique of Religious Reason, Oxford University Press, 2012,
Eksterne skakels
Kategorie:Nederlandse akademici Kategorie:Nederlandse filosowe Kategorie:Geboortes in 1951 Kategorie:Lewende mense