Nitrogliserien is 'n bekende plofstof, wat ook mediese toepassings het. Dit is 'n chemiese stof met die formule en is die drievoudige ester van gliserol met salpetersuur.

Vervaardiging Soos ander organiese nitrate kan nitogliserien vervaardig word uit gliserol met nitreersuur, 'n mengsel van salpeter- en swaelsuur:

Dit moet egter baie versigtig gebeur en die temperatuur moet beheer word om verder oksidasie van die alkohol te verhoed. in: Profiles of Drug Substances, Excipients and Related Methodology Deel 9 van Analytical Profiles of Drug Substances, Academic Press, 1981, ,

Gebruik as plofstof In 1864 het Alfred Nobel nitrogliserien as 'n plofstof, wat agt keer kragtiger is as buskruit, op die mark vrygestel. Hy het dit as die onstabiele vloeistof in sink vervoer wat tot groot probleme gelei het. In 1867 het hy patent aangevra vir 'n mengsel van nitrogliserien met diatoomaarde wat hy dinamiet genoem het. Dit het die produk veilig gemaak.The 100 Most Important Chemical Compounds: A Reference Guide ABC-CLIO, 2007, ,

Verwysings

Kategorie:Organiese verbindings Kategorie:Plofstowwe