Die Mosambiekse kardinaal (Taeniamia mozambiquensis) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan vanaf Zanzibar tot by sentraal KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Mozambique cardinalfish.

Identifikasie Die vis word tot 8 cm lank en is silwergrys met 'n pienk skynsel. Daar is twee horisontale, dowwe oranje strepe op die sye en 'n swart kol op die stertvinbasis.

Hulle leef in vlak koraal- en rotsriwwe in water wat 1 tot 15m diep is. Hulle bly in klein groepies naby grotte, skeure en onder lyste naby beskutting. Hulle vreet snags soöplankton.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Eksterne skakel http://www.fishbase.se/summary/Taeniamia-mozambiquensis.html

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Verwysings

Kategorie:Beenvisse