Die Geminides is ’n meteoorreën wat deur die voorwerp 3200 Phaethon veroorsaak word; dit is vermoedelik ’n Pallas-asteroïde met ’n rotskomeetwentelbaan. Die Geminides en Quadrantides is die enigste meteoorreëns wat nie deur ’n komeet veroorsaak word nie. Die meteore van dié reën beweeg stadig en kan in Desember gesien word – die hoogtepunt is die oggend van 14 Desember. Die reën word blykbaar elke jaar intenser en tydens onlangse voorvalle is 120 tot 160 meteore per uur waargeneem onder die beste sigtoestande, gewoonlik omstreeks 02:00 tot 03:00. Die Geminides is in 1862 die eerste keer waargeneem – baie meer onlangs as ander meteoorreëns soos die Perseïdes (36 n.C.) en Leonides (902 n.C.).

Uitstralingspunt Die Geminides lyk of hulle van ’n sentrale punt in die sterrebeeld Tweeling kom, vandaar hul naam. Hulle kan egter op enige plek aan die hemelruim voorkom en lyk dikwels gelerig. Noord van die ewenaar styg die uitstralingspunt net voor sonsopkoms. In die Suidelike Halfrond word die uitstralingspunt eers omtrent middernag sigbaar. In die Noordelike Halfrond kan meer meteore gesien word omdat die uitstralingspunt hoër in die lug is. Die meteore beweeg teen ’n gemiddelde spoed in vergelyking met dié van ander reëns, sowat 35 km per sekonde, en hulle is dus maklik om te sien. Die Geminides word nou deur baie beskou as die mees konsekwente en aktiefste jaarlikse meteoorreën. Geminides disintegreer op ’n hoogte van sowat 38 km of meer.

Bekende Geminides duimnael|260px|Die asteroïde 3200 Phaethon, die moederliggaam van die Geminides, soos afgeneem op 25 Desember 2010 met die F14-Cassegrain-teleskoop van 37 cm by die Winer-sterrewag in Sonoita, Arizona.

Jaar Aktief Hoogtepunt Maksimum per uur Maanfase20067-17 Desember14 Desember11533% afnemend200715 Desember12228% groeiend200814 Desember13996% vol200913 Desember12010% donker20107-17 Desember14 Desember12757% eerste kwartier201114 Desember19886% afnemende bolmaan 20124-17 Desember13-14 Desember1091% donker201314-17 Desember14 Desember13491% vol20144-17 Desember14 Desember25350% laaste kwartier201514 Desember 12010% groeiend201613 Desember25100% vol201714 Desember 14513% afnemend201814 Desember 41% groeiend201914 Desember 12094% afnemend202013 Desember 1202% afnemend202113 Desember 73% groeiend202214 Desember 12072% afnemend202313 Desember1500% groeiend

Verwysings

Eksterne skakels NASA se meteoorvoorspeller (Leonid MAC Meteor Shower Estimator) 2004 Geminides 2006 Geminides Amateurwaarnemings van die Geminides Die Geminides by Constellation Guide

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Meteoorreëns Kategorie:Tweeling (sterrebeeld)