Aletta Paulina Aucamp (*15 Junie 1928, Zastron –†) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer. Gedurende haar loopbaan publiseer sy onder meer verskeie kortverhale en sketse, 'n roman, kinder- en jeugverhale en in haar latere jare begin sy op Christelike literatuur fokus.
Lewe en werk Sy is op 15 Junie 1928 in die distrik Zastron in die Oranje-Vrystaat gebore, waar haar pa ’n wolboer was en sy groot word op ’n plaas in die distrik.Cloete, T.T. (red.) Die Afrikaanse literatuur sedert sestig. Nasou Beperk. Eerste uitgawe, 1980. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Rouxville en gaan dan werk as tikster by Uniewinkels in Pretoria. Ná haar huwelik in 1949 met Joachim Jacobus Petrus Lübbe vestig die egpaar hulle in Pretoria en maak hier hulle drie kinders (Willem, Paul en Ina) groot.Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel 2. J.L. van Schaik-Uitgewers. Pretoria. Eerste uitgawe, 1999. Deeltyds versorg en tik sy tuis seminare, verhandelinge en proefskrifte. In haar vrye tyd hou sy daarvan om te skilder. Tussen 1972 en 1980 behartig sy die rubriek Vrou tot vrou wat in Rooi Rose verskyn. Haar man is in 1977 oorlede en sy vestig haar daarna by Universiteitsoord op Stellenbosch.Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2. Academica. Pretoria, Kaapstad en Johannesburg. Eerste uitgawe. Eerste druk, 1983.
Skryfwerk Sy begin in 1946 in alle erns skryf en haar groot deurbraak is die bydraes wat sy vir die Land van ons vader radioreeks onder redaksie van Dolf van Niekerk lewer. Benewens haar rubriek in Rooi Rose verskyn van haar werk ook in Tydskrif vir Letterkunde en ander tydskrifte en word daarvan ook oor die radiodiens van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) voorgelees.
Kortverhale en essays Verder skryf sy veral essays en stories oor die verbygaan van dinge en nostalgies-humoristiese sketse oor die verlede, wat in verskeie bundels versamel word. Keuses uit hierdie werk word in 1970 in Tussen twee riviere en Hout op die vuur gebundel. Die bundel Een dag langer kry sy titel van die gelyknamige skets met die vraag wat jy sou doen as jy weet jy het net een dag langer om te leef. Hierdie bundel se treffende kort stukkies het almal ’n geestelike ondertoon. Granate en kosmos is nog ’n bundel sketse en essays, waar die temas besinning oor die voorstedelike leefwyse en die verganklikheid insluit. Pleidooi tot die tydhouerSchutte, Hannie. Die Transvaler, 7 April 1979. se titel dui reeds aan dat die fokus op tyd val. In hierdie bundel essays bring sy dus hede en verlede, kindertyd op ’n plaas en volwassene in die stad bymekaar op ’n manier waar die tyd wat min of verby is die kern van die vertelling vorm. Maretha Maartens keur ’n aantal van haar essays uit Een dag langer en Pleidooi tot die tydhouer saam in Van hier af sien ’n mens ver. Hierdie bundel bevat bepeinsings oor lewenswaardes en herinnerings uit die skryfster se jeugjare. Vanuit ’n ander hoek bevat nog ’n keur uit haar gesellige essays oor alledaagse dinge. Dit gebeur met ander is ’n bundel essays waarin sy haar hartseer oor haar man se dood verwoord, ’n reeks van ses praatjies wat aanvanklik in Vrouerubriek oor die radio uitgesaai is, asook ’n aantal artikels wat in Rooi Rose in die rubriek Vrou tot vrou verskyn het. ’n Vrou in elke blom en ’n Vrou in elke blom 2 is bundels waarin die vrou en die blom se ooreenkomste beskryf word. Daar is ook botaniese gegewens asook die mites en legendes rondom sekere blomme. Van haar korter stukke word ook in versamelbundels opgeneem, insluitende Borde borde boordevol onder redaksie van Hennie Aucamp.
Romans In die roman PrismaSteenberg, Elsabe. ‘Prisma’ van Aletta Lübbe. Tydskrif vir Letterkunde. Nuwe reeks 19 no. 2, Mei 1981. teken sy die lewensloop oor baie jare van ’n plaasseun wat in die stad ’n heenkome soek. Hierdie verhaal ondersoek die generasiegaping op ’n nuwe manier. Die titel verwys na hoe hy ontwikkel en die lewe ten volle ervaar en weerkaats. Die hoofkarakter is die ongekunstelde plaasseun Lewies, wat in die stad die gesofistikeerde Louis word, wat eindelik sukses behaal veral omdat hy met die regte lewenswaardes groot geword het. Hy is nog ’n tussenganger tussen die platteland en die stad, want alhoewel hy besef dat ekonomiese sukses en vooruitgang in die stad te kry is, verlang hy na die ongekunsteldheid van die platteland. Dan wil sy seun terug platteland toe om te gaan mens word, terwyl Louis wil hê hy moet kortpad na sukses vat en in die stad bly.
Kinder en jeugverhale Sy skryf ook kinder- en jeugverhale, soos byvoorbeeld Hasie se dinge, Diere se dingeWiehahn, Rialette. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 15 no. 1, April 1975. en Lankal se dinge wat volksverhale en stories uit Suid-Afrika, Malawi, Swaziland, Nigerië en Lesotho vertel vir jong lesers vanaf nege jaar. Al die diere kan praat en feitlik al die verhale is oor ’n slim, skelm dier wat ’n dom dier verkul, met die duidelike boodskap dat dwaasheid tot ’n val kom. Die kaskenades van Nols, die werfbobbejaanSteenberg, Elsabe. Tydskrif vir Letterkunde, Nuwe reeks 18 no. 2, Mei 1980. word aangebied in die vorm van episodiese beskrywings van die kattekwaad van Nols en die seun Piet. Kie-koe-roe en Kwaatkat, die straatkat word in Noord-Sotho vertaal as “Ki-Ku-Ru le Rabogajana, katse ya phaga”. Die houtkappers Kappie en Tappie kom maak nes bo in die boom waaronder Kwaatkat altyd slaap en Kwaatkat raak van hulle bewus wanneer hulle vir mekaar “Kie-koe-roe” sing. Kwaatkat se plan is om die houtkappers se kleintjies te vang wanneer hulle uitbroei en daarom maak hy maats met die houtkappers. Die houtkappers slaag egter daarin om hom te uitoorlê en leer daarna hulle kleintjies om nooit ’n kat te vertrou nie. Die kleiperd bevat ’n aantal kortverhale wat eers in die radioprogram Vir die jongspan uitgesaai is. Van haar kinderverhale word opgeneem in versamelbundels, waaronder Eendag was daar saamgestel deur Leoni Hofmeyr.Kannemeyer, J.C. Die Afrikaanse literatuur 1652–2004. Human & Rousseau. Kaapstad en Pretoria. Eerste uitgawe, 2005.
Christelike literatuur Later spits sy haar veral toe op Christelike literatuur en in ’n Goue bak vol wierook (met die titel wat uit Openbaring ontleen is) versamel sy gebede terwyl sy ook verskeie stigtelike stukke vir oordenking en bemoediging skryf, asook ’n aantal geestelike dagboeke.
Vir kinders vertel sy in ’n groot aantal boekies bekende Bybelverhale in die My eie Bybelstories-reeks, waaronder Die saaier, Die seun met die manteltjie, Die goue geldstukke, Die man wat blind gebore is, Johannes en Petrus, Die man op die wa, Simson, die sterk rigter, Die skaap wat weg was, ’n Nag in die tronk, ’n Reis deur die woestyn, Brood uit die hemel, Die kindjie uit Bethlehem en Jesus loop op die water.Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/np-lubbe,%20aletta%20paulina$1928/Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/np-lubbe,%20aletta%20paulina/
Publikasies 1970 Hasie se dinge
Hout op die vuur
Tussen twee riviere 1972 Een dag langer 1973 Diere se dinge: verhale uit Malawi
Die kleiperd 1974 Lankal se dinge
Prisma 1975 Nols, die werfbobbejaan 1976 Granate en kosmos 1978 Pleidooi tot die tydhouer
Kie-koe-roe en Kwaatkat, die straatkat 1979 Dit gebeur met ander
Vanuit ’n ander hoek 1980 Om nou te leef
Woord en liggaam: temas uit die Skrif
Die lig uit die hemel 1981 Tyd vir gesels 1982 Kom na ’n stil plek
Die seun met die manteltjie
’n Goue bak vol wierook (52 gebede)
Saad in die more 1983 Die kindjie uit Bethlehem 1984 ’n Vrou in elke blom
Die boere en die wingerd
Brood uit die hemel
Die goue geldstukke
Jesus loop op die water
Die saaier
Die skaap wat weg was 1985 Die fynste silwer
Johannes en Petrus
Die man op die wa
Die man wat blind gebore is
’n Nag in die tronk
’n Reis deur die woestyn
Simson, die sterk rigter 1989 Dit gebeur met ander: hoe raak dit my 1991 Wie gee regtig om
Van hier af sien ’n mens ver 1992 ’n Vrou in elke blom 2
Onder ’n besembos 1993 Groei uit die hartseer 1995 Die Man van Nasaret
Dawid en die reus
Ek maak alles nuut 1997 Die verhaal van die saaier
Ander verwysings Anoniem. Snags, as dit stil word, skryf sy. Die Transvaler, 6 Februarie 1975. Van Vuuren, Carol. Aletta Lübbe – en alles wat die hart verruim. Rooi Rose, 30 September 1998.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1928