Maretha Maartens (1945–) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer.Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2. Academica. Pretoria, Kaapstad en Johannesburg. Eerste uitgawe. Eerste druk, 1983. Sy is ’n baie produktiewe skrywer wat werke in verskeie genres lewer, insluitende drama, prosa vir die kinders, jeug en volwassenes, biografieë, Bybeldagboeke en ander godsdienstige publikasies. Sy verwerf egter veral bekendheid met haar kinder- en jeugverhale en verower verskeie pryse in hierdie genre; onder meer: die M.E.R.-prys, die Sanlamprys Goud vir Jeuglektuur, die Credo-prys, die HAUM-De Jager-prys, en die J.P. van der Walt-prys. Benewens haar kinder- en jeugskryfwerk is sy ook bekend vir die groot aantal geestelike en didaktiese boeke wat sy tot dusver gepubliseer het.

Lewe en werk

Herkoms en vroeë lewe Margaretha Jacoba Strydom is op 22 Junie 1945Stellenbosch Writers: http://www.stellenboschwriters.com/100maartens.html in Bloemfontein gebore as die oudste van drie dogters van ’n polisieman, Matthys Johannes Strydom, en ’n huisvrou, Jacoba Danilina Diedericks.Tot op sesjarige ouderdom bly die gesin op Jacobsdal in die Vrystaat, waarna hulle trek na Petrusburg, ook in die Vrystaat.NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/authors/324 Hier word haar twee susters, Adri en Rina, gebore. Sy leer tik in haar standerdses-jaar, wanneer haar vader vir haar ’n Olivetti tikmasjien koop. In 1963 matrikuleer sy aan die Hoërskool Petrusburg met ses onderskeidings. Sy studeer verder aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat en behaal in 1966 ’n B.A.-graad cum laude met Frans en Engels as hoofvakke en Afrikaans-Nederlands, Duits, Suid-Sotho, Latyn en Sielkunde as byvakke. Sy loop ook ’n diplomakursus in verpleging en vanaf 1967 tot 1968 verpleeg sy aan die H.F. Verwoerd Hospitaal in Pretoria en gedurende 1969 aan die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein.Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel I. J.L. van Schaik-Uitgewers. Pretoria. Eerste uitgawe, 1998.

Verdere studie, loopbaan en persoonlike lewe In Januarie 1970 trou sy met Hennie Maartens, wat later as predikant kwalifiseer. Twee dogters (Danila en Naomi) word uit die huwelik gebore. In 1971 behaal sy aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat ’n B.A. Honneurs-graad cum laude in Engels. Die egpaar vertrek in 1973 na Stellenbosch, waar Hennie met sy teologiese opleiding begin. Hier is sy ’n jaar lank prinsipale van die ACVV-kleuterskool. Sy studeer verder aan die Universiteit van Stellenbosch en verwerf haar Senior Onderwysdiploma, terwyl sy ook die Suid-Afrikaanse Onderwysuniemedalje ontvang vir die beste onderwysstudent. Hierna is sy dosent in Didaktiek en aflosdosent in Opvoedingsfilosofie aan die universiteit. Wanneer haar man kwalifiseer en toegelaat word tot die bediening, is hulle die leraarspaar in drie gemeentes, naamlik die Oos-Londen Moedergemeente, Welkom Moedergemeente en Noordhoek-gemeente in Bloemfontein. Hennie bedien in Bloemfontein tot met sy aftrede. Noordhoek se gemeente voer sewe jaar lank evangeliese dramas onder Hennie en Maretha se leiding op.Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel 3. Van Schaik-Uitgewers. Pretoria. Eerste uitgawe, 2006.

In 1992 bou hulle vir hulle ’n huis in Bloemfontein buite die gemeente en na haar man se emeritaat bedryf hulle die joernalistieke onderneming Skryfhuis vanuit hulle woning. Sy is vanaf 1998 vir twee jaar lank van die ontstaan daarvan redaktrise van Finesse, ’n tydskrif vir Afrikaanssprekende Christenvroue, maar bedank uit hierdie pos in Maart 2000 weens verskille oor redaksionele beleid. Sy word dan redaktrise by Vrouekeur, is ’n rubriekskrywer vir Die Volksblad, Rooi Rose en Kerkbode en vryskutjoernalis. Sy is ’n gewilde spreker by vroueverenigings en bied ook lesings aan by kerke, skole en ander organisasies en verenigings. In 1992 spreek sy in Amerika vroue by die Suid-Afrikaanse ambassade in New York toe oor hoe om persoonlike eensaamheid te hanteer en persoonlik sterk te bly ter wille van hulle roeping.

Skryfwerk

Begin van skrywersloopbaan Reeds as tienjarige skryf sy stories wat die eertydse boekresensent Anna van Zyl in Die Volksblad se kinderhoekie plaas en as tiener word van haar bydraes ook in Môrelig en Naweekpos gepubliseer. Die Sentrale Pers in Bloemfontein druk later van hierdie jeugwerk onder haar nooiensvan Strydom in Die lekkerlees-kinderboek. Haar verhale word in vele tydskrifte gepubliseer, insluitende Sarie, Huisgenoot, Rooi Rose, Fair Lady en Tydskrif vir Letterkunde.

Tydskrifvervolgverhale en kortverhale Van haar tydskrifvervolgverhale word later in boekvorm gepubliseer, insluitende haar eerste vervolgverhaal, Stormvoël, wat in 1970 in Sarie verskyn het. In 1987 wen sy die Scripto Africana-prysMyburgh, Trudie Die Burger: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1988/05/31/5/23.html vir kortverhale met Nagbrief in die landswye kortverhaalwedstryd wat deur Hans Strydom-uitgewers aangebied is met die Groot Trek as tema. Nagbrief behandel die nag by Bloukrans en Boesmansrivier. In 1988 word Ses wenverhale gepubliseer, wat die beste ses inskrywings is in ’n landswye wedstryd van grensverhale van Huisgenoot en die Suid-Afrikaanse Weermag. Haar kortverhaal word saam met verhale van S.C. Brink, Eben Engelbrecht, Pieter Pieterse, Bertrand Retief en Engela van Rooyen hierin gepubliseer. Die kortverhaal Een heilige jaar word in die versamelbundel Om lief te hê opgeneem, wat ’n keur bevat van die mooiste liefdesverhale wat in Sarie verskyn het.

Die ligeenklip word opgeneem in die versamelbundel Die wond en ander verhale. Dit is die verhaal van ’n vrou wat in die dorre Namibië naby die woestyn vasgevang is in ’n liefdelose huwelik waarin haar man Naas haar aanrand, met geen ooglopende uitkomkans nie. Die titel verwys na die ligene wat honderde jare oud is en snags gloei en sappig word en ontkiem van die mis in die lug.Kannemeyer, J.C. Die Afrikaanse literatuur 1652–2004. Human & Rousseau. Kaapstad en Pretoria. Eerste uitgawe, 2005.

Drama As deel van haar man en haar eie geestelike bediening skryf en redigeer sy geestelike verhoogstukkeMaartens, Maretha Volksblad: http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2002/06/21/7/5.html vir groot en kleiner groepe, waaronder Legio wat so roep, Die Kruiskoning (Paasspel), Die Kripkoning (Kersspel), Een middag in Nasaret (’n Kersspel vir kinders), Woesklip (kindertoneel) en Kom huis toe, Koningskind! Vir die Hoërskool Chris van Niekerk op Vredefort skryf sy die verhoogstuk Moses waaraan elke kind in die hoërskool deelgeneem het.

Die wind sal nooit weer ophou waai nie word in 2002 by die Volksblad-Kunstefees in Bloemfontein opgevoer. Dit is ’n drama oor gestremdes, waar sommige van die rolle dan ook deur gestremdes gespeel is. Hierdie mense se stryd om hulle gestremdheid te verwerk en menswaardig tot die samelewing by te dra is die tema, terwyl vergrype teen hierdie mense, ook die verkragting van veral swart vroue met liggaamlike gestremdhede, ook aangespreek word.

In 2003 word Carwatch ook by die Volksblad-KunstefeesNieman, Nols Volksblad: http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2003/06/11/5/3.html opgevoer en hierdie drama word later as Glenda verfilm en op DVD uitgereik. Die drama beeld die lewensgeskiedenis en aspirasies van die karwag uit, met haar verlange na erkenning, skoonheid en verlore jeug. Dit lewer ook kommentaar op gesinsgeweld, kapings en rooftogte.

Die jeugdrama Woesklip is in 2012 die naaswenner in Maskew Miller Longman se jeugdramawedstryd en dit word uitgegee in die bundel Swewende maan en ander dramas, wat die wendramas van hierdie kompetisie bevat.

Kinder-en jeugliteratuur Dit is egter veral as skrywer van geestelike boeke en as kinder- en jeugverhaalskrywer wat sy bekendheid verwerf. Verskeie van haar verhale is vir kleiner kinders bedoel. My dik boek bevat agt kort stories vir beginnerlesers. In Ons mooiste Kersfees bou twee wit en een swart kind met klei die stadjie Bethlehem onder bome om hulle geskenklose Kersfees mee op te helder. Dan gebeur daar ’n wonderwerk. Katte speel ’n rol in verskeie boeke. In Die bomelaarsSnyman, Lydia. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 26 no. 2, Junie 1986. verwys die titel na rondloperkatte sonder tuiste in die park. Die storie draai rondom Mossie en sy rumatiekkoors. Grys kat, grys kat, jy laat vir Anja hoes is die verhaal van ’n meisie wat leer dat ’n mens somtyds iets moet opgee waarvoor jy lief is. In hierdie geval gee sy haar geliefde kat af omdat haar sussie allergies is vir katte. Die nagkat vertel van die kat Wolle se nagtelike manewales terwyl hy elke dag soet lê en slaap. Met hierdie boek is sy in 2000 die naaswenner vir ouderdomsgroep 6-7 jaar tydens die ATKV-Kinderboektoekennings. In Die baba luister is daar onder andere ’n gemmerkat na wie die baba luister. Hierdie boek is ’n wenner in Baba & Kleuter se kinderstoriekompetisie. Swart Griet is vas se titel verwys na ’n idioom wat verband hou met te veel drink. Thys se pa is ’n drankverslaafde en word in ’n inrigting opgeneem vir behandeling. Swart Griet is vas wen in 1984 die SANRA jeugboekwedstryd. Zek en die skoenlappers van die nag is gemik op ouer laerskoolkinders en is primêr daarop gerig om die geskiedenis meer interessant te maak. Hierin beleef vyf karakters elkeen ’n tydreis terug na die tyd van die Franse Hugenote. Die sterprinses handel oor Ester van die Bybel. Die kinderverhaal Soos heuning word opgeneem in die versamelbundel Goue fluit, my storie is uit onder redaksie van Linda Rode.