duimnael|Die Hamadab-stele Ameniras (fl. 1ste eeu v.C.) was 'n Meroïtiese koningin van die koninkryk Koesj.

Sy is waarskynlik die eggenote van koning Teriteqas, wat ná sy dood saam met – of as regent vir – haar seun prins Akindad oor die ryk geheers het. Sy is bekend van die Hamadab-stele wat in 1910 naby die Koesjitiese hoofstad Meroë deur John Garstang gevind is. Die inskripsie is in Meroïties, wat moeilik is om te lees, maar dit gee waarskynlik inligtings oor die Koesjities-Romeinse oorlog van 25-21 v.C. wat in 'n oorwinning vir die Koesjiete geëindig het. Haar titel was kore, wat heerser beteken in Meroïties, of kdke (kandake), wat glo koningin-moeder beteken. Amptelik was haar titel Amnirense qore li kdwe li. Ameniras word ook in die Bybel genoem (Hand 8:26-27)Marcus Agrippa: Right-hand Man of Caesar Augustus Pen and Sword, 2015, ,

Sy is ook uit Romeinse bronne bekend. Strabo skryf oor 'n "kandake met net een oog" wat Romeinse pogings om Koesj te verower, verhoed het. Aelius Gallus, wat Augustus se prefek in Egipte was, beweer Koesj het 'n Romeinse vasalstaat geword. Sy opvolger, Gaius Publius Petronius, het egter 'n Koesjitiese inval van Egipte tot in die Thebe-gebied afgeweer. Moontlik het Koesjiete probeer gebruik maak van Aelius Gallus se veldtog in Arabië wat sleg afgeloop het.Herod the Great and Jesus: Chronological, Historical and Archaeological Evidence Lulu.com, ,

Strabo beskryf hoe Petronius 'n teenaanval gelei het na Napata, wat die Meroïtiese hoofstad was. Geleerdes betwyfel egter of die Romeine regtig so ver suid deurgedring het. Keiser Augustus het afstand gedoen van die plan om Koesj te onderwerp.Dictionary of African Biography, Volume 2 , OUP USA, 2012, ,

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Mense in die 1ste eeu v.C. Kategorie:Mense uit die Nuwe Testament Kategorie:Antieke Egipte Kategorie:Geskiedenis van Soedan Kategorie:Koesj