duimnael|regs|250px|Heinrich Vedder.
Hermann Heinrich Vedder (Westerenger, Wesfale, 3 Julie 1876 – Okahandja, Suidwes-Afrika, 26 April 1972) was ’n sendeling, opvoedkundige, taalkundige, volkekundige, historikus en senator in die senaat van die Unie van Suid-Afrika.
Vedder word onthou as die grootste en mees minsame verteenwoordiger van die Duitse kultuur en wetenskap in Suider-Afrika. Potgieter, D.J. (ed.) 1975. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou). Hy het groot en blywende dienste oor meer as 'n halwe eeu met toewyding en opoffering aan die inwoners van sy aangenome vaderland gelewer. Vir almal was hy 'n vriend en is tereg in die destydse Suidwes 'n “volksvader” genoem. Hy het die Christelike beginsel van naasteliefde met woord en daad uitgeleef. Beyers, C.J. (hoofred.). 1981. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel IV. Durban: Butterworth & Kie (Edms) Bpk. Gevolglik was hy by al die bevolkingsgroepe van die land buitengewoon bemind en hooggeag. Heinrich Vedder op die webtuiste Namibiana Buchdepot. URL besoek op 12 April 2016.
Hy was ’n buitengewoon intelligente man wat homself minstens agt tale aangeleer het: Nederlands, Engels, Grieks, Afrikaans, Nama, Herero, Osjindonga en ’n Khoekhoen-dialek. Saam met sy moedertaal, Duits, was hy dus minstens nege tale magtig. Met sy minsame geaardheid en onkreukbare integriteit het hy die hoë agting van alle rasse in Suidwes geniet en 'n blywende indruk gelaat op sy studente aan die Augustineum by Okahandja, waaraan hy meer as twee dekades lank tot 1943 verbonde was.Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. Hy kan beskou word as die persoon wat die grootste en 'n blywende bydrae tot die onderwys en opvoeding van die inheemse volke van Namibië gelewer het. Ter ere van hom is 'n woonbuurt op Okahandja, waar hy dekades lank gewoon het, Veddersdal genoem.
Herkoms en opleiding duimnael|300px|Die nywerheidstad Barmen in 1870, ses jaar voor Vedder se geboorte. Skildery deur August von Wille. Dié stad het in 1929 met vier ander dorpe saamgesmelt om die stad Wuppertal te vorm, 'n eeu ná die stigting van die sendingstasie Wupperthal in die Kaapkolonie.
Vedder was die derde en jongste kind van Wilhelm en Anna Margarethe Vedder, kleinboere wat ook die weefkuns as 'n tuisvlyt beoefen het. Hulle het op 'n klein plasie naby Lenzinghausen in Wesfale geboer. Volgens die erfreg daar sou hy, as jongste seun, die hoewe van sy vader geërf het. Vedder, wat van kleins af op sy tweede naam genoem is, het self nooit sy voornaam gebruik nie. Hy het in 'n streng godsdienstige huis grootgeword en het die plaaslike laerskool (Volksschule) besoek waar hy onder die invloed van sy bekwame en diepgelowige leermeester, Decius, ontwikkel het tot 'n toegewyde leerling, met 'n besonderse aanleg vir tale. Op twaalfjarige leeftyd het hy met behulp van 'n Griekse Nuwe Testament en grammatika op eie houtjie begin om Grieks te leer; op dieselfde wyse het hy ook die snelskrifkuns bemeester.
Begeerte om sendeling te word duimnael|links|220px|Johanna Gertze en twee van die sendeling-ekonomis Johann Wilhelm Redecker van Omaruru se kinders wat sy omstreeks 1880 opgepas het. Sy was in 1858 die eerste Herero-dopeling.
Aanvanklik wou Vedder onderwyser word, maar onder sy moeder se invloed het hy besluit om sendeling te word. Toe hy nog 'n knapie van vyf jaar was, het sy moeder hom iets uit haar verlede vertel wat hom so aangegryp het dat sy hele lewensloop daardeur bepaal is. Sy het hom vertel van die kerkie in Gütersloh, waarin die ou sendeling Carl Hugo Hahn hulle so baie van sy werk in Suidwes-Afrika onder die heidene vertel het; hoe hy 15 jaar lank tevergeefs daar gearbei het voor hy die eerste Herero-kind, sy diensmeisie Johanna, kon doop op 25 Julie 1858. Johanna Gertze, die eerste Herero-Christenvrou , Republikein, 7 Februarie 2014. URL besoek op 17 April 2016. Hy het Johanna saam met hom na Duitsland gebring omdat hy bang was om haar onder die heidene agter te laat en ook omdat sy hom moes help met die opstel van boekies in die Hererotaal. “Swart Johanna” kon goed Duits praat en sy het 'n geweldige indruk op moeder Vedder as jong meisie gemaak. “As iemand my destyds daartoe gehelp het, Heinrich,” het sy aan haar seuntjie gesê, “dan het ek saam met Johanna na Afrika gegaan. Ek het egter nie geweet hoe om te werk te gaan nie. Baiemaal het ons reeds in die nag opgestaan en na Hoyel gegaan, want daarheen het die sendinginspekteur, Harms van Hermannsburg, gekom om van die heidene in Afrika en van die sending te vertel. As jy, my seuntjie, nou later as sendeling na Afrika wil gaan, sal ek niks daarop teë hê nie. Maar ek glo stellig dat jou vader dit tog nie graag sou wil sien nie." Von Moltke, J. Die Huisgenoot, 1 Julie 1949.
Uit daardie gesprek en die stille hunkering van 'n godvrugtige moeder het die sendingdrang in die fynbesnaarde kind ontstaan; maar nóg hy nóg sy het ooit kon droom dat hy nog eendag vir die susterskind van Swart Johanna in Suidwes sou skoolhou.
Toestemming om tot sending toe te tree Op aandrang van sy vader het hy die skool ná die aflegging van sy geloofsbelydenis verlaat om met die boerdery te help en in die weefkuns opgelei te word. Die jong Vedder was vasbeslote em sendeling te word, maar hy was bang om met sy vader oor die saak te praat. Hy sou wag tot hy as soldaat moes dien en dan sou hy daar van ver af aan sy vader skryf om sy hart aan hom bloot te lê. Maar weer het 'n heel klein insidentjie voorgeval, wat vir die sewentienjarige Heinrich van groot betekenis was. Een Augustusaand het hy en sy ouer broer, August, in die maanlig oor die stoppellande geloop en daar moet hy toe hoor dat die broer van plan was om te trou en die plaas te verlaat, om self 'n begin te gaan maak. 'n Groot angs het die jong Heinrich beetgepak en so het hy sy erfreg aan sy ouer broer verruil vir die belofte dat hy op die hoewe sou bly sodat hy, wat na regte die plasie moes erf, sendeling kon word. Heinrich Vedder het geweet dat dit vir sy vader strelend was wanneer sy pynende voete saans in warm water gewas word. Ou vader Vedder het aan rumatiek in die bene gely en omdat hy nie meer sy voete met sy hande kon bykom nie, moes sy jongste seun saans sy sokkies uittrek en sy voete in warm water baai. By hierdie werkie is daar byna nooit gepraat nie, maar dit was altyd duidelik dat die oubaas dadelik in 'n goeie stemming gekom het sodra sy voete gewas word.
Een Saterdagaand het Heinrich van hierdie geleentheid gebruik gemaak en vir sy vader gevra of hy weet dat August binnekort gaan trou en die hoewe wil verlaat. Sy vader het gesê dat hy bewus was daarvan. “Maar sal dit vir ons hoewe goed wees?” het Heinrich gevra. “Hy verstaan van landbou baie meer as ek. Sou dit nie beter wees as hy bly en ek gaan nie?” “Waarheen wil jy gaan?” het die vader verbaas gevra. “As julle niks daarteen het nie," het Heinrich geantwoord, “wil ek na die sendinginstituut in Barmen gaan en sendeling word. “Gaan dan," het die vader gesê. En dit was al wat daar tussen vader en seun oor die saak gepraat is."
Die Rynse Sendinggenootskap in Suidwes-Afrika duimnael|regs|320px|Die Rynse sendingstasie op Omaruru, 1873. duimnael|links|260px|Duits-Suidwes-Afrika (1904). In die Kaapkolonie was die Westerse beskawing, waarvan die Rynse sendelinge draers was, reeds taamlik goed gevestig toe hulle daar aankom; daarom kon hulle rustig vorder op min of meer gebaande weë. In die huidige Namibië, wat hulle vanaf 1842 binnegegaan het, was die geval net die mooi die teenoorgestelde. Hier het ’n uiters moeilike taak op hulle gewag, want die droë, warm klimaat was uitputtend vir Europeërs en die Nama- en Hererostamme oorlogsugtig dat hulle die evangelie geensins geredelik aanvaar het nie. Tot 1884 was die gebied onder die beheer van heidense stamhoofde. Die sendelinge moes, sonder die beskerming van ’n Westerse regering, elementêre opvoedingswerk onderneem buiten die verkondiging van die evangelie. By geleenthede, in 1853 en ’59, moes hulle magteloos toekyk hoe die inheemse bevolking hul sendingstasies in puin gelê het en moes hulle van vooraf begin. Ook was baie van die inboorlinge aan drank verslaaf wat beginsellose smouse die gebied binnegebring het in ruil vir beeste. Die sendelinge het hierdie smousery teengestaan en meermale opgetree as vredemakers in die gedurige oorlogvoering tussen die Namas en Herero’s. So het hulle die sogenaamde sendelingsvrede tussen die stamhoofde Maherero en Jan Jonker Afrikaner bewerkstellig.
’n Volle 15 jaar sou verloop voor die eerste Herero gedoop is. Die oprigting van die sendingstasies is bemoeilik deur die feit dat die inboorlinge van die gebiede wat dikwels onder droogte gebuk gegaan het, ’n nomadiese bestaan gevoer het ter wille van hul troppe vee. Tog het gevestigde gemeenskappies mettertyd tot stand gekom met kerke en skole as middelpunt waarheen die rondtrekkende inboorlinge af en toe teruggekeer het en waar hul kinders intussen gebly het om skoolonderrig te ontvang. ’n Nedersetting van Duitse ambagslui en koloniste is in 1864 op Otjimbingwe gestig waar inboorlinge opgelei kon word vir handearbeid en in die landbou. ’n Opleidingskool, die Augustineum, is opgerig waar onderwysers en evangeliste opgelei is. Struikelblokke is geleidelik oorkom en die baanbrekerswerk met sukses bekroon.
Sendingstasies het ontwikkel in permanente nedersettinge ’n in sommige gevalle dorpe, want die ook wit nedersetters, soos amptenare, handelaars en ambagslui, het hulle daar gevestig. Ná Warmbad en Bethanie, het die volgende stasies tot stand gekom: Berseba (1850), Gibeon (1863), Keetmanshoop (1866) in Namaland; en Windhoek (1842), Otjikango-Barmen of Gross Barmen (1844), Rehoboth (1845), Otjimbingwe (1849), Okahandja, Omaruru en Okombahe (1870) in Hereroland.
Deurtastende navorsings het ook blywende sukses opgelewer. ’n Deeglike studie van die onbekende land en sy inwoners was nodig. Talle reise is onderneem en die land in alle rigtings verken deur sendelinge soos die Noorweër H.C. Knudsen en die Duitsers C. Hugo Hahn, Johannes Rath and Heinrich Scheppmann. Die tale, gebruike en gewoontes asook die geskiedenis en godsdienstige opvattings van die onderskeie stamme is die eerste keer noukeurig opgeteken. Sendelinge soos Vedder, Knudsen, Hahn, P.H. Brincker, Johannes Olpp, J.G. Krönlein, H. Tönjes, Gottlieb Viehe, J. Irle en C.G. Büttner het grammatikaboekies, woordeboeke en handboeke van die uiters moeilike inheemse tale saamgestel. Hulle het die Bybel, kategismus en talle gesange vertaal en so die aanvoorwerk gedoen vir die ontwikkeling van dié tale in geskrewe tale en die skep van ’n eiesoortige Christelike letterkunde.
Die Rynse sendelinge was die baanbrekers van die gevolglike kolonisering van die land deur Europeërs. Enersyds het die besetting van Suidwes-Afrika deur Duitsland in 1884 die sendelinge se werk vergemaklik omdat dit wet en orde daargestel het. Andersyds het die nadelige newe-effekte van die “beskawing” en die toenemende spanning wat gelei het tot inboorlingopstande die werk gekniehalter. In die Nama- en Herero-oorloë van 1904 tot ’07 het sommige van hul stasies en instellings in die slag gebly. Dit was in dié tyd dat Vedder na Duits-Suidwes-Afrika binnegekom het. Nadat die vrede gesluit is, is die stameenheid van die Herero’s vernietig. Die Rynse sendelinge het ingegryp om die verslane stam van algehele ondergang te red en hulle ’n nuwe lewenswyse te leer. Die eertydse nomades moes werkers en dagloners word. Die ou stamgrense is afgeskaf en die onderskeie volke moes voortaan in vrede saamleef. Dit het meer werk vir die sendelinge beteken, maar die RSG het, nes in die verlede, volhard.
In Duits-Suidwes duimnael|links|220px|Vedder was meer as twee dekades lank verbonde aan die Augustineum-opleidingskool op Okahandja.
duimnael|regs|260px|Swakopmund was 'n windverwaaide plekkie toe Vedder in 1904 hier aankom.