Hendrik Stephanus (Fanie) Viljoen (gebore 2 Januarie 1970) is 'n bekroonde Afrikaanse skrywer en kunstenaar, en outeur van onder andere Breinbliksem, Pynstiller en Onderwêreld.

Biografie Fanie Viljoen matrikuleer in 1987 aan die Hoërskool Goudveld in Welkom.Fanie Viljoen se persoonlike mededeling aan Burgert Senekal op 12 April 2016. Hy studeer grafiese ontwerp aan die Tegniese Kollege Welkom (1993–1995) en behaal in 2002 'n B.A.-graad in sosiale wetenskappe aan Unisa. Hy werk vanaf 1990 tot 2006 as opleidingskonsultant by Sanlam, en is vanaf 2006 'n voltydse skrywer en kunstenaar. Hy woon tans in Bloemfontein.

Toekennings 1999 – Finalis in De Kat en Human & Rousseau se kort-kortverhaalkompetisie. Die verhaal Weersiens verskyn in die bundel Vonkfiksie. 2000 – Die Losprys. Tweede plek in die RSG/Sanlam radiodramaskryfkompetisie vir beginners. 2002 – Agter geslote deure. Tweede plek in die RSG/Sanlam radiodramaskryfkompetisie vir ervare skrywers. 2005 – BreinBliksem. Goue Sanlam-prys vir jeuglektuur. 2006 – BreinBliksem. MER-prys vir jeuglektuur. 2007 – Geraamte in die klas. MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke. 2007 – Geraamte in die klas. ATKV-kinderboektoekenning. 2007 – Onderwêreld. Silwer Sanlam-prys vir jeuglektuur. 2008 – Slym en die gogga-sirkus. ATKV-kinderboektoekenning vir die teks en die illustrasies. 2009 – Verneukkind (kortverhaal) Finalis in MML-kortverhaalkompetisie. Die verhaal verskyn in die bundel Sussie Veer is dood en in die bundel Verneukkind. 2009 – Onderwêreld. ATKV-kinderboektoekenning. 2009 – Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood. ATKV-kinderboektoekenning. 2010 – Slym en die beker van geluk. 2 ATKV-kinderboektoekenning vir die teks en die illustrasies. 2010 – Poenk. Naaswenner in LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie. (Word in 2012 gepubliseer as Betower) 2011 – Nova: Die Begin. ATKV-kinderboektoekenning 2012 – Grilbrigade. ATKV-kinderboektoekenning 2012 – Klou. ATKV-kinderboektoekenning 2014 – Leeus met Letsels. IBBY-ererol 2014 – Spring. ATKV-kinderboektoekenning 2015 – Afkop. Naaswenner in LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie 2015 – Plons. ATKV-kinderboektoekenning 2015 – Uit. IBBY-ererol 2021 – Die dag tot die draak kom wen ook die Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur

Publikasies Afkop Hoender (2016) LAPA Uitgewers Monster-rugby (2016) LAPA Uitgewers Betower – die drama (2015) LAPA Uitgewers (Ook gepubliseer in die bundel In die Kollig, saamgestel deur Lizz Meiring) Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood (heruitgawe) (2015) LAPA Uitgewers Bravo, Lulu (2015) LAPA Uitgewers Prooi (2015) LAPA Uitgewers Jump (2015) Ransom Publishing Plons (2014) LAPA Uitgewers Uit (2014) LAPA Uitgewers Pleisters vir die Dooies (2014) LAPA Uitgewers Nova: Eindspel (2014) LAPA Uitgewers Slym en die Towertapyt (2014) LAPA Uitgewers Galop (2013) LAPA Uitgewers Koue Rillings (2013) LAPA Uitgewers Oe la la, Lulu (2013) LAPA Uitgewers Spring (2013) LAPA Uitgewers Nova: Sterreloper (2013) LAPA Uitgewers Leeus met Letsels (2012) Human & Rousseau Uitgewers Nog 13 Spookstories saam met medeskrywers Francois Bloemhof en Jaco Jacobs (2012) LAPA Uitgewers Nova: Bloedbroers (2012) LAPA Uitgewers Betower (2012) LAPA Uitgewers Grilbrigade (2011) Human & Rousseau Uitgewers Scarred Lions (2011) Ransom Publishing Klou – 'n superheld met kolle (2011) LAPA Uitgewers Nova: Vuurdoop (2011) LAPA Uitgewers Nova: Die Begin (2010) LAPA Uitgewers MindF**k (2010) Ransom Publishing 13 Spookstories – saam met medeskrywers Francois Bloemhof en Jaco Jacobs (2010) LAPA Uitgewers Slym en die beker van geluk (2009) LAPA Uitgewers Kaptein Hamerkophaai (2009) Tafelberg Uitgewers Onderwêreld (2008) Tafelberg Uitgewers Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood (2008) Human & Rousseau Uitgewers Klits Kronkel en die Vloek van die Swart Jakkals (2008) Tafelberg Uitgewers Miserella (2007) Human & Rousseau Uitgewers Klits Kronkel en die Vlammende Swaard (2007) Tafelberg Uitgewers Slym en die Gogga-sirkus (2007) LAPA Uitgewers Geraamte in die klas (2006) Human & Rousseau Uitgewers Spoke en ander gruwelike goed (2005) Human & Rousseau Uitgewers BreinBliksem (2005) Tafelberg Uitgewers Slym (2004) – LAPA Uitgewers

Radiodramas Die Losprys (RSG, Maart 2001) Gepubliseer in die bundel Droomskip en ander radiodramas deur Nasou Via Afrika Oupa Rooijan kry ’n girlfriend (RSG, Mei 2002) Agter geslote deure (RSG, April 2003) Die Handtekeningjagter (RSG, 2006) By verlies aan woorde (RSG, 2012) Breking (RSG, 2013)

Televisie Môre as ons groot is (enkeldrama op KykNET – 2016)

Kortverhale Verskyn in die volgende bundels:

Skreeu Sweef Ink In ’n neutedop Van spoke gepraat Skrik op die lyf Spoorvat VonkFiksie Donker Plekke Grensoorlogstories

Gedigte Verskyn in die volgende bundels:

Toulopers Nuwe stemme 5 Vonk@verse 1 & 2 Honderd dichters 8

Rympies Verskyn in die volgende bundels:

Nuwe kinderverseboek Rympies vir Pikkies en Peuters

Afrikaanse publikasies oor Viljoen se werke Anker, Johan. 2011. Fanie Viljoen se Onderwêreld as voorbeeld van die gesag- en magstryd in die jeugroman. LitNet Akademies Geesteswetenskappe 8(3), 1-20. Greyling, S.F. 2012. Die skrywer en nuwe publikasiekontekste: Interaktiwiteit en wisselwerking in aanlyngemeenskappe – Fanie Viljoen se Pynstiller as gevallestudie, LitNet Akademies Geesteswetenskappe 9(3), 442-486. Greyling, S.F. 2012. Kreatiewe remediasie van Pynstiller deur Fanie Viljoen: Van kortverhaal na grafiese verhaal. Literator 33(1), 1-11. Senekal, B.A. 2009. Vervreemding in Fanie Viljoen se BreinBliksem (2005), Stilet 21(1), 101-118. Vos, Elize. 2017. Voldoen Onderwêreld deur Fanie Viljoen aan die norme vir ’n geslaagde voorgeskrewe werk vir graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders? . LitNet Akademies Opvoedkunde. Vos, Elize. 2018. Moraliteit en omstrede kwessies in jeugliteratuur- ’n beskouing oor Onderwêreld deur Fanie Viljoen . LitNet Akademies Opvoedkunde.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1970 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Alumni van die Universiteit van Suid-Afrika