Giorgio Armani (11 Julie 1934 – 4 September 2025) was 'n Italiaanse ontwerper. Hy was veral bekend vir sy manspakke, wat baie gesog en peperduur is.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Sy bekendste handelsmerke is "Giorgio Armani" en "Emporio Armani". Naas klere het sy sakeryk ook brille, horlosies, skoonheidsmiddels, parfuum en juwele ingesluit. Sy ontwerpe is bekend vir hul skoon, gestileerde lyne.
duimnael|links|Armani se plaket op die Rodeo Drive Walk of Style. duimnael|links|Armani in 2009 Armani is in die Noord-Italiaanse dorpie Piacenza in Emilia-Romagna gebore. Hy studeer aanvanklik medisyne, maar verruil dit later vir fotografie. Hy begin sy maatskappy, Armani, in 1974. In 2001 is hy met 'n jaarlikse omset van $1,691 triljoen as die suksesvolste ontwerper wat Italië opgelewer het beskryf.
In 1996 is Armani saam met verskeie ander mode-ontwerpers van korrupsie aangekla. Hy herstel van die terugslag en word in 2002 tot Goodwill Ambassador vir die Verenigde Nasies se vlugtelingprogram benoem. In September 2003 is hy in Beverly Hills met die eerste Walk of Style Award vereer vir sy bydraes tot die mode- en vermaaklikheidswêreld. 'n Plaket met sy naam daarop is tydens die geleentheid op die nuwe Rodeo Drive Walk of Style aangebring.
In 2016 onderneem hy om nie meer pelse van diere vir sy modereekse te gebruik nie, maar om na sintetiese alternatiewe oor te skakel. Armani draai sy rug op pelse, Maroela Media, besoek op 2 April 2016
Verwysings
Eksterne skakels
Armani se amptelike webtuiste
Kategorie:Modeontwerpers Kategorie:Italianers Kategorie:Geboortes in 1934 Kategorie:Sterftes in 2025