Koolstofdisulfied is 'n chemiese verbinding met die formule . Dit is 'n vlugtige en giftige vloeistof wat baie brandbaar is.
Vervaardiging Koolstofdisulfied word in die nywerheid op groot skaal vervaardig. Ongeveer 235 000 ton is in 1991 wêreldwyd geproduseer. Dit kan uit die elemente vervaardig word volgens die reaksie:
Swaweldamp word -onder uitsluiting van lug of vog- deur 'n bed van kool gelei by 800-1000 °C en die gasvormige reaksieproduk word afgevoer. Dit bevat koolstofdioksied, waterstofsulfied, swaweldamp en karbonielsulfied, wat geskei moet word. 'n Ander metode om dit te vervaardig is uit metaan:Methane and its Derivatives CRC Press, 1996, ,
Die produk koolstofdisulfied word dikwels onder water gestoor om sy ontbrandingsgevaar te verminder.
Gebruik Koolstofdisulfied is 'n goeie nie-polêre oplosmiddel. Dit los selfs swawel op. Die stof is reaktief en 55-65% van die produk word gebruik vir die vervaardiging van rayon en sellofaan. Koolstofdisulfied word grootskaals as oplosmiddel van sellulose vir die vervaardiging van kunssy gebruik. Ongelukkig kan die stof se giftigheid tot groot gesondheidsprobleme onder die werkers lei indien dit nie verhoed word dat hulle daaraan blootgestel word nie. Fake Silk: The Lethal History of Viscose Rayon, , Yale University Press, 2016, ,
Ione soos of en amiene kan lei tot nukleofiele aanval of die koolstofatoom en die vorming van tiokarbonate, xantate en ditiokarbamate. Dit word ook gebruik om koolstoftetrachloried te vervaardig volgens die reaksie:
Demonstrasie links|duimnael|Die blaffende hond 'n Chemiese demonstrasie is die sogenoemde "blaffende hond". Dit is 'n reaksie tussen koolstofdisulfieddamp met distikstofoksied
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings