duimnael|320px|Gesig op Schaapeneiland van Postberg af. Dit is die laaste eiland voor die Langebaan-strandmeer aan die suidekant van die Saldanhabaai. duimnael|320px|Lugfoto van die Langebaan-omgewingVan links na regs is Jutteneiland, Langebaan-skiereiland, Donkergat, Meeuweneiland, Schaapeneiland en Langebaan-dorp.

Schaapeneiland is 'n eiland aan die suidekant van Saldanhabaai aan die Weskus, Suid-Afrika.

Beskermde gebied Die eiland van 267 500 m² lê in die mond van die Langebaan-strandmeer. Dit vorm deel van die Weskus Nasionale Park en val onder die Ramsar-konvensie. Sedert toegang tot die eiland verbied is, het die plantegroei en seelewe goed herstel. Dit is nou 'n voëlreservaat wat die tuiste is van baie ibisse en 'n groot broeikolonie swartrugmeeue.

Geskiedenis In 1612 het die skip Pearl onder kapt. Samuel Castleton hier aangedoen om drinkwater in te skeep. Elf jaar later het die Yslander Jon Olafsson die eiland met sy skepe Christianshaven en Flensborg besoek en vate walvisolie aangetref. Dit het op Franse besoekers gedui. Jan van Riebeeck het kort na sy vestiging aan die Kaap vir Sijmon Turver na die omgewing gestuur. Sy geselskap het hier netjies verpakte robbevelle en leë vate gevind — weereens 'n aanduiding van Franse besoekers. Turver het 'n skaapboerdery hier begin. In 1655 en 1670 daag die Franse egter weer op en slag van die skape. Tydens die Amerikaanse Vryheidsoorlog vind op die eiland selfs 'n skermutseling plaas. Schaapeneiland was nooit 'n goeie bron van guano nie.

Ander eilande Malgas-, Jutten-, Marcus- en Meeuweneiland lê in Saldanhabaai. Vondeling is net buite die baai.

Sien ook Lys van eilande van Suid-Afrika

Bibliografie Burman, José en Stephen Levin: The Saldanha Bay story. Kaapstad: Human & Rousseau, 1974. Groenewald, J.A.: Schapen … nie sommer nog 'n Weskus-eiland nie. Lantern, Julie 1985, jaargang 34, no. 3

Kategorie:Eilande van Suid-Afrika