Gert Daniël Janse Pretorius (1910 - 1975) was 'n Suid-Afrikaanse skrywerKannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983 en is op 24 Junie 1910 op Petrusburg in die Vrystaat gebore.Antonissen, Rob “Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede” Nasou Beperk Derde hersiene uitgawe Tweede druk 1964

Lewe en werk Sy ouers is Gert Cornelis Pretorius (1868–1955) en Hendrina Cecilia Janse van Vuuren (gebore 1875).Pretorius Familie: http://pretoriusfamilie.info/pret1/I766.html Op Petrusburg kry hy onderrig aan die plaaslike skool en woon later buitemuurse klasse in die regte aan die Universiteitskollege van die Vrystaat by. Hy tree toe tot die Staatsdiens en doen dan vanaf 1947 vir baie jare joernalistieke werk by The Argus in Kaapstad, eers as politieke beriggewer en later as hoof van die groep se kantore in Bellville.Dekker, G. “Afrikaanse Literatuurgeskiedenis” Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 Hierna beklee hy 'n pos in die nuusdienspersoneel van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) in Johannesburg en keer dan weer terug na Kaapstad as persskakelbeampte van die Weermag se Kommandement Wes-Kaapland, 'n betrekking wat hy tot met sy dood beklee. As digter, regisseur en dramaturg wen hy talle pryse op Eisteddfods. Hy is getroud met die kunstenares en skryfster Rykie Pretorius (Rykie Hester Heydenreich) en hulle het vier kinders, twee dogters (Gerda Christine en Cecilia Hendrina) en twee seuns (Daniël Janse en Johannes Petrus). Op 23 September 1975 is hy in Kaapstad oorlede.Tygerbergse kantoor “Johnnie se skepper oorlede” “Die Burger” 24 September 1975

Skryfwerk “Boetatjie”, “Spokie”, “Die seun van Doodloopstraat”Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Pretorius,_Gert_Daniel_Janse en “Tot siens Boetatjie” beeld in sketsmatige vertellings die lewe van die seun Boetatjie in Distrik Ses uit. Ander karakters sluit in die vrugtesmous oom Gwarrie vir wie hy help om so self 'n geldjie te maak, sy pa, die dronklap Sam, en sy ma Meraai. Hierdie mense se lewensomstandighede en hulle hand-tot-mond bestaan met swaarkry en vreugdes word aangrypend beskryf. “Johnnie” en “Tot siens Johnnie” beeld die manewales van 'n bruin tuinier uit in 'n aantal humoristiese anekdotes. Johnnie Fagodien meld hom eendag ongevraag by die skrywer aan as sy nuwe tuinier en word dan met sy streke, nukke en eienaardighede deel van die gesin, net soos die huishulp, Haas. Vanuit Plumstead in die suidelike voorstede van Kaapstad trek hy saam na Bellville, maar wanneer die skrywer Johannesburg toe verplaas word, moet hulle afskeid neem van Johnnie. Een van die Johnnie-sketse word as eenbedryf deur die reisgeselskap van die Kaapse Raad vir Uitvoerende Kunste (KRUIK) opgevoer. “Gelowiges en Fariseërs” bevat kortverhale wat vertel van die karakters van 'n plattelandse dorp se doen en late en “Spoelklippies” is 'n bundel kortverhale oor veral ouer mense en uitgeworpenes. “Stil vrou van die see” is 'n bundel kortverhale waarin die lewens van bruin vissers en hul gesinne die oorheersende tema is.Nienaber, P.J. et al “Perspektief en Profiel” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969

Hy skryf ook 'n biografie van die politikus Bruckner de Villiers (“Man van die daad”) en een van dr. D.F. Malan en sy familie (“Malans van Morewag”). Tot met sy dood is hy besig om te werk aan 'n boek oor die Anglo-Boereoorlog. Verder skryf hy die ongepubliseerde blyspel “Klatergoud”. Nienaber, P.J.; Senekal, J.H en Bothma, T.C. “Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde” Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963

Publikasies Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2002077929/ 1955 Boetatjie Die seun van doodloopstraat 1958 Spokie Gelowiges en Fariseërs Johnnie Stil vrou van die see 1959 Bruckner de Villiers: Man van die daad 1962 Tot siens Boetatjie 1963 Tot siens Johnnie Spoelklippies 1965 Malans van Morewag

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1910 Kategorie:Sterftes in 1975