Waterstofsulfied is 'n chemiese stof met formule . Dit is 'n brandbare en giftige gas met 'n vroteierreuk.

Die gas is oplosbaar in water (>1M) en 'n swak suur. Dit is 'n sterk reduserende stof.

Geskiedenis In 1595 beskryf Libavius dat 'swaweldampe' wit lood swart kan maak. In 1777 vind Scheel dat 'swaweldampe' deur 'n reaksie van suur en 'n metaalsulfied of van waterstof en swawel vervaardig kan word en Bertholett ondersoek en beskryf waterstofsulfied twee dekades later as 'gesulfureerde waterstof' en bepaal die samestelling daarvan.On the cellular basis of hydrogen sulfide toxicity, , Proefskrif Universiteit van Illinois in Urbana-Champaign, 2008

Giftigheid Die eienskappe van hierdie gas, waaronder sy giftigheid, is sedert dié tyd dikwels ondersoek. Daar moet 'n onderskeid gemaak word tussen die sitotoksisiteit - die vermoë om selle te dood - wat matig is (7,5 mM) en die genotoksisiteit - die vermoë om die gene aan te tas - wat reeds by konsentrasie van 250μM intree. Omdat sulfaatreduserende bakterie in die dunderm voorkom, word daar ook waterstofsulfied gevorm wat moontlik 'n rol in die ontstaan van dermkanker speel. In 2007 het Szabo aangetoon dat waterstofsulfied net soos stikstofoksied 'n sellulêre boodskapper is en dit word ook in lae konsentrasies in die liggaam vervaardig.

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Sure