Nico Luwes (*28 Augustus 1954, Ladybrand –†) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer, dramaturg en akteur en is veral bekend vir sy werk in die Suid-Afrikaanse toneelbedryf. Hy is 'n bekroonde regisseur en lewer ook 'n beduidende bydrae tot kultuuraktiwiteite binne sy gemeenskap.Boekkooi, Paul. ’n Kompulsiewe toneelskrywer. Beeld, 29 Junie 1987.

Lewe en werk

Herkoms en vroeë lewe Nicolaas Johannes Luwes is op 28 Augustus 1954 op Ladybrand gebore as die enigste seun van vier kinders.Kannemeyer, J.C. Die Afrikaanse literatuur 1652–2004 Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005Sy vader is ook Nicolaas Johannes Luwes. Hy word groot op die kampus van die Landbouskool Tweespruit, waar albei sy ouers onderwys gee. Hy spandeer daarna 'n jaar op die familieplaas Den Haag in die Boshof distrik, waarna die gesin na 'n huis in die dorp op Boshof verhuis. In sy kleuterjare kry hy die Basoetoe-bynaam Pinja-Tu wat “die klein mannetjie wat groot winde maak” beteken. Tot standerd een gaan hy skool op Boshof, waarna hulle na Jacobsdal verhuis, waar hy die res van sy skoolopleiding ontvang. Hy matrikuleer in 1972 as hoofseun aan Jacobsdal Hoërskool en doen dan in 1973 sy militêre opleiding in die valskermbataljon in Bloemfontein.

Verdere studie Vanaf 1974 studeer hy verder aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. Op 'n voltydse basis behaal hy in 1976 die B.A. Drama-graad. Op 'n deeltydse basis verwerf hy in 1978 die B.A. Drama Honneurs-graad en in 1987 die M.A.-graad in Drama met 'n verhandeling oor Visuele kommunikasie tydens 'n toneelopvoering. In 2000 skryf hy in vir 'n doktorsgraad (Ph.D.-graad), wat hy in 2012 voltooi met 'n proefskrif oor die lewe en werk van Pieter Fourie onder die titel Pieter Fourie (1940- ) se bydrae as Afrikaanse dramaturg en kunstebestuurder: 1965–2010. Hy is in 1977 getroud met Alet Scholtz, sy jeugliefde van standerd ses, en hulle het drie kinders, een seun (ook Nicolaas Johannes) en twee dogters (Michelle en Carmen). Hulle bly in Bloemfontein.Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/Nico_Luwes

Loopbaan in die toneelbedryf In 1977 en 1978 is hy voltydse akteur by SUKOVS (Streeksraad vir die Uitvoerende Kunste van die Oranje-Vrystaat) en doseer dan in 1979 Drama aan die Tegniese Kollege in Kroonstad. Vanaf 1980 is hy lektor en later senior lektor en vanaf 1991 professor en departementshoof in Drama aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. Hy dien ook in die Kommissie vir Uitvoerende Kunste van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In dramakringe in die Vrystaat speel hy 'n leidende rol. In 1998 is hy stigterslid en voorsitter van die Teaterontwikkelingsorganisasie van die Vrystaat. Vanaf 2003 is hy voorsitter van die Free State Theatre Arts, wat fondse insamel, begrotings opstel en finansiële en artistieke kontrole uitoefen oor drie professionele drama-aanbiedings en een musiekteaterstuk per jaar en terugvoer gee aan borge. Hy dien ook op verskeie prystoekenningspanele. Van 1983 tot 1993 dien hy op die paneel vir die toekenning van die FNB-Vita toekennings; tussen 1983 en 2002 is hy paneellid vir die Piers Nicholson-toekennings en vanaf 1992–2002 is hy ook lid van die paneel wat die Cobus Rossouw-toekennings maak.

In hierdie jare is hy nog steeds baie aktief op die verhoog en vertolk verskeie rolle, wat insluit die hoofrol in Aku vang 'n ster vir TRUK (Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste), asook rolle in Kanna hy kô hystoe, The Fantastics, People are living there, Romeo and Juliet, The merry widow, El Grande del Papa Roderiques, The cherry orchard, Three sisters, Cry the beloved country, Skerpsin en A streetcar named desire, Tennessee Williams se drama wat in Afrikaans vertaal is vir die opvoering. Hy vertolk ook rolle in verskeie radiodramas en enkele televisiedramas.

Verder is hy regisseur van vele stukke vir SUKOVS en die kunstefeeste, met die eerste een Die effek van gammastrale op man-in-die-maan gousblomme van Paul Zindel, met Antoinette Kellerman in die hoofrol. Ander produksies onder sy regie sluit in Hansie die hanslam van Pieter Fourie, Blanche, A streetcar named desire, Oklahoma!, Die huis van Maria Malan (verwerking van Die huis van Bernarda Alba van Lorca), Over the hill en Under the oaks (twee komedies van Paul Slabolepszy), A funny thing happened on the way to the forum, Mis en Drif van Reza de Wet, Liewe Heksie en die Rotbende, Die kersieboord, The transistor radio, Onvervulde drome, Bride by return, Tartuffe, Piet se tante, Broken dreams, Die wind sal nooit weer ophou waai nie, ’n Seder val in Waterkloof van P.G. du Plessis, Maagmeisie van Thomas Deacon, Romeo and Juliet, Braam van der Vyver se Straties, Ipekonders, Aasvoëls van Chris Vorster, Nag van die lang messe van Tom Gouws, Cry the beloved country, Jan van Tonder se Lewensreg, Maaltyd vir een, Die buffel, Jubilium, Die dokumente, Maskermaan van Cecilia du Toit, Die bobaas van die boendoe en “Renosters” van Ionesco. Hy behartig ook die regie van opvoerings van sy eie dramas soos Graswewenaar,Norval, Roline Die Burger: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1994/05/27/4/13.html Aku vang 'n ster, Die buite-egtelike ouma, Drie bruide vir Jan Ramdan, Die waterwyser, Oepsie!, My liewe Meneer Malan, Ag, gee Visser 'n kans, Skroot, Limericke sonder brieke (saam met Philip de Vos”), Waaihoek, Lam vir die Pase, Knorries en die Krisis, Don’t shoot the messenger, Die kaskenades van Kees Kieswetter – Die dooie ou dônner en Nag van die hiëna. Vir sy produksies van A funny thing happened on the way to the forum en Die wind sal nooit weer ophou waai nie ontvang hy toekennings van die Nasionale Kunsteraad.

Sy prysgeld vir die Piers Nicholson-toekenning vir uitstaande bydrae tot die ontwikkeling van die teater in die Vrystaat gebruik hy om in 1992 deur Europa te toer en om lesings oor drama en toneel in Rusland te gee.Muller, Braam. Gee en neem in Rusland. Die Volksblad, 20 Augustus 1992. Hier is hy gasdosent aan die Viktor Sobtsjak eksperimentele teater in Pjatigorsk en gesels in Moskou oor ontbyt-televisie oor die teater in Suid-Afrika. Hierdie eerste besoek word opgevolg deur 'n paar ander. Hy is onder andere regisseur van Romeo en Juliet in Russies in die Chekhov Staatsteater in Pavlodar in KazakhstanVolksblad http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2004/12/09/VB/12/02.html in 2005 en sy eie Illegitimate granny (vertaling van Die buite-egtelike ouma) word in 2007 ook hier opgevoer. In 2004 word hy aangewys as die Volksblad-Kunstefees se feeskunstenaar. Hy kry ook verskeie toekennings vir sy werk as direkteur van opvoerings, onder andere as beste regisseur by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in 2007, vir sy regie van Jan van Tonder se drama Lewensreg. Hy wen in 2008 die Sanlam-teaterprysJordaan, Marenet. Sanlam-teaterpryse na die Vrystaat. Beeld, 8 April 2005. vir beste regie vir die produksie van Die begrafnis van Phil Janse (skuilnaam van Rudie van Rensburg). Op gereelde basis is hy teaterkritikus vir die Volksblad.

Betrokkenheid by gemeenskap Nico dien sy gemeenskap op velerlei wyse. Met geld van die Nasionale Kunsteraad (NKR) en die Nasionale Lotery help hy met multikulturele opleiding, waar plaaslike bruin en swart akteurs opgelei word en beurse aan hulle toegeken word. Vanaf 1997 tot 1998 is hy projekleier van 'n staatsondersteunde MIV/Vigs- en kindermolestering-skoolprogram vir 380 skole in die Vrystaat. In 2000 is hy projekleier van die ATKV-Skoolfeeste, asook stigter, lid en voorsitter van dieselfde projek in die Vrystaat. In November 2003 was Nico die beplanner van, en die ondernemingsgees agter, die Sanlamprys vir Afrikaanse teater (Spat-prys),Gericke, Marietjie Volksblad http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2009/05/08/OS/14/stbenoemm.html wat in 2004 tydens die Volksblad-Kunstefees in Bloemfontein bekendgestel is. In 2005 is hy nou betrokke by die gemeenskapsdiens-skoleprojek wat deur die Nasionale Kunsteraad geborg is.

Skryfwerk Reeds op skool begin hy skryf, hoofsaaklik liedjies en kortverhale, hoewel die kortverhale deur Huisgenoot terug gestuur is. By SUKOVS in 1979 skryf hy 'n eenbedryf wat nooit opgevoer is nie. Sy eerste drama is die klug Graswewenaar,Norval, Roline. Die Burger: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1994/06/04/6/3.html wat in 1985 by die ATKV-Kampustoneelfees opgevoer word, waarna hy hom op die skryf van dramas toespits.Volksblad http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/1999/03/5/3/10.html Dit handel oor 'n man (Petrus Borstlap) wat deur sy agterdogtige vrou Jackie en dominerende skoonma Johanna vir 'n week alleen by die huis gelos word om aan sy verhandeling te werk. In hierdie tyd ontwikkel verskeie krisisse. Sy onnutsige universiteitsmaat Pierre Cronjé daag daar op en so ook Freaky Frances ('n dame met die vinnigste vingers in die Vrystaat) en die sexy geskeide jong Elize Bromley. Ou professor Jan van Helle, die konserwatiewe akademikus wat eintlik 'n hoenderboer wou wees, kom ook daar aan om te kyk hoe sy student vorder met die verhandeling. Jackie daag dan in vermomming daar op om ondersoek in te stel na haar man se bedrywighede. Hierdie drama word met groot sukses opgevoer deur TRUK, SWARUK in Suidwes-Afrika en SUKOVS en dit word in Engels vertaal en opgevoer as In the pink! Hierna skryf hy meer as 25 toneelstukke wat opgevoer word. Baie van die werk is komies, maar hy lewer ook ernstige dramas van gehalte.

Komedies/klugte