Nasinae – ook bekend as die Eenhoringvisse – is 'n sub-familie wat hoort tot die familie Acanthuridae. Daar is slegs een genus wat hoort tot die sub-familie. Die kenmerk van die sub-familie is die horingagtige uitgroeisel op die voorkop (vandaar die groepnaam) terwyl by sommige spesie daar slegs 'n ronde knop uitgroei. Hierdie uitgroeisel verskyn eers na die vis volwassenheid bereik het. By sommige spesies kom die verskynsel slegs by die mannetjies voor. Nog 'n kenmerk van die sub-familie is dat daar twee of soms een hoekagtige, skerp plate weerskante van die stertvin basis is. Hierdie plate is in werklikheid skubbe. Die vis kan die plate gebruik vir verdediging. Die sub-familie kan hulle kleure varieer afhangende van hul gemoedstoestand.

Genus Daar is slegs een genus met agttien spesies wat hoort tot dié sub-familie en twaalf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Naso Naso brachycentron – Boggel-eenhoringvis Naso brevirostris – Gespikkelde eenhoringvis Naso elegans – Oranje stekel-eenhoringvis Naso fageni – Perdgesig-eenhoringvis Naso hexacanthus – Geenhoringvis Naso unicornis – Bloustekel-eenhoringvis

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Kategorie:Beenvisse