Tian Meyer (* 20 September 1988, Pietermaritzburg) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat in die Superrugbyreeks vir die Cheetahs, en in die Curriebeker vir die Vrystaat Cheetahs op skrumskakel speel.
Hy het voorheen vir die Pumas, Goue Leeus, Natalse Haaie en Griekwas in die Curriebekerkompetisie uitgedraf, en ook vir die Lions in die Superrugbykompetisie. In 2014 het hy ’n tweejaarkontrak met die Griekwas onderteken. Na afloop van sy kontrak met die rugbyunie in Kimberley het hy hom by die Vrystaat aangesluit.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Lions rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners