Die Luitenant-doktervis (Acanthurus tennentii) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Indiese Oseaan; ook aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Lieutenant surgeonfish.

Identifikasie Die vis word tot 30 cm lank. Die kleur van die vis kan varieer van lig grys-bruin tot donkerbruin afhangende van die vis se gemoedstoestand. Daar is 'n kenmerkende paar swart, horisontale strepe agter die bokant van die kieuedeksel. Daar is ook 'n swartkol met 'n blourand op die basis van die stertvin. Die stertvin is holrond met 'n ligblou rant. Die anale- en bekkenvin het blou rante.

Die vis leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 10 tot 40m diep is. Hulle is alleenlopers maar kan ook in klein groepies voorkom en vreet alge wat op die rif groei.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Verwysings

Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/SpeciesSummary.php?ID=1259&genusname=Acanthurus&speciesname=tennentii&AT=Acanthurus+tennentii&lang=English

Kategorie:Beenvisse