Die Zebra-dikkop (Ptereleotris zebra) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Zebra dartfish.
Identifikasie Die vis word tot 11 cm lank. Die lyf is groenerig-grys met verskeie nou, pienk vertikale strepe waarvan die kante blou is oor die lyf. Daar is 'n persagtige area net onder die oë en op die kieudeksel. Daar is ook blou rante op beide dorsale vinne.
Die vis leef in vlak koraalriwwe in water wat 2 tot 12 m diep is. Hulle leef gewoonlik in groepe saam oor harde substraat. Die mannetjie laat sak die bekkenvinne en klap dit saam tydens paartyd. Hulle vreet hoofsaaklik soöplankton. Hierdie spesie is skaars en skaam.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/SpeciesSummary.php?ID=4384&genusname=Ptereleotris&speciesname=zebra&AT=Ptereleotris+zebra&lang=English
Kategorie:Beenvisse