Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Bosnies.
duimnael|links|Vlag van die Bosniërs duimnael|links|Verspreiding van Bosniërs en Bosnies in die destydse Sosialistiese Republiek van Joego-Slawië in 1991
Die Bosniërs (Bosnies: Bošnjaci/Бошњаци, [boʃɲǎːt͡si]; manlike enkelvoud: Bošnjak/Бошњак, vroulike enkelvoud: Bošnjakinja/Бошњакиња) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Bosnië en Herzegowina en aangrensende lande van die Balkanskiereiland, wat Bosnies, 'n Suid-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm volgens die grondwet saam met Kroate en Serwiërs die titulêre nasie van Bosnië en Herzegowina en maak volgens die laaste sensus van 1996 omtrent 46% van dié land se bevolking uit. Daarbenewens vorm Bosniërs belangrike minderhede in Kosowo, Kroasië, Montenegro en Serwië.
Die meeste Bosniërs is aanhangers van die Soennitiese Islam. Die Islamisering van Bosnië het met die Ottomaanse verowering in die 15de en 16de eeu begin.
Wêreldwyd leef tussen 2,8 en 4,6 miljoen Bosniërs, waarvan sowat 1,8 miljoen in Bosnië en Herzegowina. Die Bosniese diaspora het veral as gevolg van drie gebeure in Bosnië en Herzegowina se geskiedenis in die buiteland gevestig: die anneksasie van die destyds Ottomaanse gebied van Bosnië deur Oostenryk-Hongarye in 1908, die twee wêreldoorloë wat ook Bosnië geskud het en die Bosniese Oorlog van die vroeë 1990's.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Bosnië en Herzegowina Kategorie:Etniese groepe in Noord-Amerika Kategorie:Etniese groepe in Oseanië Kategorie:Etniese groepe in Turkye Kategorie:Slawiërs