Republiek van Zoid Afrika is 'n gewilde TV-program wat sedert 10 Julie 2014 op kykNET (DStv kanaal 144) uitgesaai word. Die program word deur Karen Zoid aangebied, met spesiale gaste. Elke week word die program afgesluit met groot treffers van die gaste saam met Karen Zoid. Na afsluit van die episode is die liedjie beskikbaar aanlyn op ITunes.
Reeks 1-3 was Donderdae aande om 20:30 op KykNET uitgesaai.
Reeks 4 was Dinsdae aande om 20:30 op KykNET uitgesaai.
Reeks 5 en 6 word Donderdae om 20:00 op KykNET uitgesaai.
Republiek van Zoid Afrika is ook aanlyn beskikbaar op Showmax en DStv Now.
Reekse
Episodes
Reeks 1 (2014)
Reeks 2 (2015)
Reeks 3 (2016)
Reeks 4 (2016)
Reeks 5 (2018)
Reeks 6 (2020)
Musiek Vol. 1 (2015)
Vol 2 (2015)
Vol 3 (2016)
Vol 4 (2016)
Vol 5 (2018)
Vol 6 (2020)
Kategorie:Suid-Afrikaanse televisieprogramme