Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Roemeens.
duimnael|links|Verspreiding van Roemene in Suidoos-Europa Die Roemene of Roemeniërs (Roemeens: români [roˈmɨnʲ] of – histories, maar nou 'n selde gebruikde regionalisme – rumâni) is 'n nasie en etniese groep inheems aan Roemenië wat Roemeens, 'n Romaanse taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Roemenië en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 89% van dié land se bevolking uit.
Roemene deel 'n gemeenskaplike afkoms, kultuur en geskiedenis, maar dié term verwys soms ook na die hele bevolking van Roemenië. Naas Roemene leef nog minderhede soos Hongarye (6,5%) en Roma (3,3%) in Roemenië. Soms word Moldawiërs ook as Roemene beskou – ook deur hulself – en in hierdie geval sal hulle met 80% die grootste etniese groep van Moldowa vorm.
Wêreldwyd leef omtrent 24 miljoen Roemene, waarvan sowat 19,5 miljoen in Roemenië. Na die einde van die Koue Oorlog het Roemene veral as trekarbeiders in Wes-Europese lande soos Duitsland, Frankryk, Italië, Spanje en die Verenigde Koninkryk asook in Israel, Kanada, Oekraïne en die Verenigde State gevestig.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Asië Kategorie:Etniese groepe in Italië Kategorie:Etniese groepe in Noord-Amerika Kategorie:Etniese groepe in Oseanië Kategorie:Etniese groepe in Suid-Amerika