Liv Johanne Ullmann (gebore op 16 Desember 1938) is ’n Noorweegse aktrise en rolprentregisseur. Sy is bekend as een van die "muses" van die Sweedse regisseur Ingmar Bergman.

Loopbaan duimnael|links|160px|Ullmann in 1966. Ullmann het haar toneelloopbaan in die middel 1950's as ’n verhoogaktrise in Noorweë begin. Sy het deur haar lewe op die verhoog bly optree en is veral bekend vir haar uitbeelding van Nora in Henrik Ibsen se toneelstuk A Doll's House.

Sy het internasionaal bekend geword nadat sy saam met die Sweedse rolprentregisseur Ingmar Bergman begin saamwerk het. Sy was in altesaam 10 van sy gewildste prente, onder meer Persona (1966), The Passion of Anna (1969), Cries and Whispers (1972) en Autumn Sonata (1978). Sy was ook saam met Laurence Olivier in A Bridge Too Far (1977), wat deur Richard Attenborough geregisseer is.

Sy is meer as 40 keer vir pryse benoem, insluitende twee Oscars en verskeie pryse vir haar lewenslange bydrae, en het onder meer ’n Golden Globe gewen vir The Emigrants (1971). In 2000 is sy benoem vir die Palme d'Or vir haar tweede prent as regisseur, Faithless (2000).

Verwysings

Eksterne skakels

The Guardian/NFT-onderhoud met Shane Danielson, 23 Januarie 2001

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Sweedse akteurs Kategorie:Sweedse draaiboekskrywers Kategorie:Rolprentregisseurs Kategorie:Geboortes in 1938 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Noorse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Noorse aktrises van die 20ste eeu