Franco Nero (gebore as Francesco Clemente Giuseppe Sparanero; 23 November 1941) is ’n Italiaanse akteur.
Loopbaan Nero se rolprentdebuut was in ’n klein rol in La ragazza in prestito (1964). Sy eerste hoofrol was in 1966 in Django, steeds een van sy bekendste prente. In dié jaar het hy in nog agt prente gespeel, onder meer Texas, Adios en Massacre Time.
In 1967 was hy in Camelot te sien as Lancelot. Op die stel het hy sy lewensmaat van baie jare en later sy vrou, Vanessa Redgrave, ontmoet. Omdat sy Engels nie baie goed was nie, was sy keuse van rolprente beperk. Hy was wel in The Virgin and the Gypsy (1970), Force 10 from Navarone (1978), Enter the Ninja (1981) en Die Hard 2 (1990).
duimnael|links|220px|In die Italiaanse prent I guappi (1974). Hoewel hy dikwels dieselfde soort karakters vertolk het, het hy tog ’n groot verskeidenheid rolle gespeel, soos Abel in die epiese The Bible: In The Beginning (1966), ’n vernederde ingenieur wat wraak soek in Street Law, ’n gay luitenant in Querelle (1982) en ’n Serwiese Middeleeuse held in The Falcon (1983). Hy het in meer as 150 prente verskyn en het een geskryf en vervaardig: Jonathan degli orsi (1993). Hy het ook daarin gespeel.Onderhoud met Franco Nero by 1Kult.com (Engelse byskrifte)
Sy ander prente sluit in Tristana (1970), The Versace Murder (1998) en Megiddo: The Omega Code 2. Hy was ook die verteller in die prent Rasputin (2010).
In 2010 het Nero ook saam met Redgrave in Letters to Juliet verskyn. In 2011 het hy ’n ster ontvang op die Italiaanse Walk of Fame in Toronto, Kanada.Yuen, Jenny. "Italian Walk of Fame honours stars" Die jaar daarna het hy ’n kameerol vertolk in Django Unchained in ’n toneel saam met Jamie Foxx, wat Django in dié fliek speel.
Nero en Redgrave se seun, Carlo Gabriel Redgrave Sparanero (professioneel bekend as Carlo Gabriel Nero), is ’n draaiboekskrywer en regisseur.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Italiaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1941 Kategorie:Lewende mense