Sir Ben Kingsley (gebore as Krishna Bhanji; 31 Desember 1943) is ’n Britse akteur. In sy loopbaan van langer as vier dekades het hy ’n Oscar, Grammy, Bafta, twee Golden Globes en Screen Actors Guild Awards gewen.

Loopbaan Kingsley het op universiteit by toneelspel betrokke geraak en sy verhoogdebuut op 23 gemaak. Hy het hom 15 jaar lank op die verhoog toegespits. In 1967 het hy sy debuut in die West End gemaak en in 1971 sy Broadway-debuut. Omstreeks 1977 het hy sy huidige professionele naam aangeneem;Uit Inside the Actors Studio"Sir Ben's Sexy honour", BBC News. 31 Desember 2001. sy van kom van sy oupa aan vaderskant se bynaam, "King Clove".

Aanvanklik het hy klein rolle in rolprente en op televisie ook gehad, maar eers in 1982 werklik bekend geraak danksy sy vertolking van Mohandas Gandhi in die prent Gandhi, waarvoor hy die Oscar vir beste akteur gewen het. Hy was ook in Schindler's List (1993), Sexy Beast (2000), Lucky Number Slevin (2006), Shutter Island (2010), Prince of Persia: The Sands of Time (2010), Hugo (2011) en Iron Man 3 (2013).

Kingsley is in 2002 tot ridder geslaan"Sir Ben: Knighthood beats Oscar", bbc.co.uk; besoek op 13 Maart 2013. en in 2010 het hy ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry.Sir Ben Kingsley gets star on Hollywood Walk of Fame, BBC News. Besoek op 20 Junie 2010 In 2013 het hy die Bafta Los Angeles Britannia-prys ontvang vir sy wêreldwye bydrae tot rolprentvermaak."The Britannia Awards: Kathryn Bigelow and Sir Ben Kingsley" . Bafta. Besoek op 26 Junie 2015

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Britse akteurs Kategorie:Geboortes in 1943 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Engelse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Engelse manlike akteurs van die 21ste eeu