duimnael|links|200px|Bergen in 2025.

Candice Patricia Bergen (gebore op 9 Mei 1946) is ’n Amerikaanse aktrise en voormalige model. Sy het vyf Emmys en twee Golden Globes gewen vir haar rol as die titelkarakter in 10 seisoene van die sitkom Murphy Brown (1988–'98). Sy is ook bekend vir haar rol as Shirley Schmidt in die TV-drama Boston Legal (2005–'08). Sy is vir ’n Oscar as beste vroulike byspeler benoem vir Starting Over (1979) en vir ’n Bafta vir Gandhi (1982), waarin sy die rol van die fotograaf Margaret Bourke-White vertolk het.

Loopbaan Bergen het haar loopbaan as model begin en op die voorblad van onder meer Vogue verskyn voordat sy haar rolprentdebuut in 1966 in The Group gemaak het.

Sy was daarna te sien in The Sand Pebbles (1966), Soldier Blue (1970), Carnal Knowledge (1971) en The Wind and the Lion (1975). Sy het haar debuut op Broadway in 1984 gemaak in die toneelstuk Hurlyburly. Van 2000 tot 2002 was sy in drie episodes van die TV-reeks Sex and the City.

Haar ander rolprentrolle sluit in Miss Congeniality (2000), Sweet Home Alabama (2002), The Women (2008), Bride Wars (2009) en Let Them All Talk (2020). In die 2010's het sy na Broadway teruggekeer in nuwe produksies van The Best Man (2012) en Love Letters (2014).

Verwysings

Eksterne skakels

Candice Bergen by wowOwow

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu