Aaron Pakishe Motsoaledi (gebore 7 Augustus 1958) is 'n Suid-Afrikaanse medikus en politikus, voorheen LUK vir vervoer, landbou en omgewingsake, en onderwys in die Limpopoprovinsie. Hy is 'n lid van die regerende African National Congress en lid van die Suid-Afrikaanse Parlement.
Motsoaledi is 'n gekwalifiseerde dokter. Hy het sy skoolloopbaan by die Setotolwane Hoërskool in Noord-Transvaal voltooi en daarna 'n MBChB-graad (geneeskunde en chirurgie) behaal aan die Universiteit van Natal.
Motsoaledi het 'n suksesvolle mediese praktyk bedryf in die plattelandse dorpie Jane Furse voor sy aanstellings in die regering. Hy was ook in 1986-1994 voorsitter van die adviesraadkantore in Sekhukhune. Sedert 1989 was hy ook die voorsitter van 'n gesondheids-, voeding- en beradingsprojek "Hlahlolanang".
Hy is aangewys as die Minister van Gesondheid in die Suid-Afrikaanse kabinet op 10 Mei 2009.
Vanweë sy uitmuntende bekwaamhede as minister van gesondheid het hy 'n belangrike rol gespeel om Suid-Afrika se beeld te verbeter ten opsigte van die VIGS-pandemie en behandeling daarvoor. In Mei 2014, ná die algemene verkiesing, is hy behou in die nuwe kabinet van pres. Jacob Zuma. Jacob Zuma announces new Cabinet , besoek op 25 Mei 2015
Hy is sedert Mei 2019 die Minister van Binnelandse Sake in die kabinet van Cyril Ramaphosa.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van binnelandse sake Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van gesondheid Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika