Albertskroon is 'n voorstad vir mense met 'n gemiddelde inkomste in die weste van Johannesburg, Gauteng, wat grens aan Greymont en Montgomery Park, sowat 8 km wesnoordwes van die stadsaal.
Albertskroon is aangelê op die plaas Waterval No. 211, wat Louis Jeremias en Cornelius Jacobus Alberts in 1896 by die staat gekoop het. Dis genoem na die oorspronklike eienaars van die grond. Die tweede deel van die naam verwys na die rand van 'n rivier of stroom.
Sien ook Gereformeerde kerk Delarey Gereformeerde kerk Bergbron NG gemeente Waterval
Bronne
Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
Kategorie:Voorstede van Johannesburg