Lata Mangeshkar (Marathi: लता मंगेशकर bynaam Nagtegaal van Indië; gebore op 28 September 1929 in Indore, Brits-Indië; sterf 6 Februarie 2022 in Mumbai) was 'n bekende Indiese sangeres. Sy kan op die klankbane van talle bollywoodfilms gehoor word, hoofsaaklik in Hindi en Marathi. Sy is een van die weiniges wat 'n Bharat Ratna ontvang het. Sy is ook die sangeres wat die meeste snitte opgeneem het (in die jare tagtig het sy reeds 5 500 liedjies op haar kerfstok gehad).
Eksterne skakels
Kategorie:Indiese musici Kategorie:Sterftes in 2022 Kategorie:Geboortes in 1929