Glenn Close (gebore op 19 Maart 1947) is ’n Amerikaanse rolprent-, verhoog- en televisieaktrise.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Deur haar lang loopbaan het sy lof ontvang vir haar veelsydigheid en sy word gereken as een van die beste aktrises van haar generasie. Sy het drie Emmys, drie Tonys en ses Oscar-benoemings gekry.

Loopbaan Sy het haar verhoogloopbaan in 1974 begin met Love for Love, en was tot in die vroeë 1980's hoofsaaklik in New York op die verhoog te sien in beide toneelstukke en musiekspele. Sy was in 1980 in die Broadway-produksie Barnum en in 1983 in The Real Thing; vir laasgenoemde het sy ’n Tony vir beste aktrise gekry. Haar eerste rolprentrol was in The World According to Garp (1982), en daarna was sy in The Big Chill (1983) en The Natural (1984); sy het vir al drie rolle ’n Oscar-benoeming vir beste vroulike byspeler gekry. Sy het later ook benoemings vir beste aktrise gekry vir haar spel in Fatal Attraction (1987), Dangerous Liaisons (1988) en Albert Nobbs (2011). In die 1990's het sy nog twee Tonys gewen, vir Death and the Maiden in 1992 en die musiekspel Sunset Boulevard in 1995. Sy het haar eerste Emmy gewen vir die 1995-televisieprent Serving in Silence: The Margarethe Cammermeyer Story.

In 2003 was Close in die TV-prent The Lion in Winter, waarvoor sy ’n Golden Globe gewen het. In 2005 was sy in die dramareeks The Shield. Van 2007 tot 2012 was sy Patty Hewes in die TV-dramareeks Damages, waarvoor sy ’n Golden Globe en twee Emmys gewen het. In November 2014 was sy weer op Broadway in die toneelstuk A Delicate Balance.http://www.broadwaybox.com/daily-scoop/what-play-can-come-along-that-will-be-more-star-studded-than-this/

Haar ander rolprente sluit in Jagged Edge (1985), Hamlet (1990), Reversal of Fortune (1990), 101 Dalmatians (1996), Paradise Road (1997), Air Force One (1997), Cookie's Fortune (1999), Nine Lives (2005) en Guardians of the Galaxy (2014).

Close is een van drie aktrises wat vir die meeste Oscars (ses) benoem is sonder om een te wen; die ander twee is Deborah Kerr en Thelma Ritter.

Verhoog duimnael|Close as Norma Desmondin die musiekblyspel Sunset Boulevard.

Musiekblyspele 1994 – Sunset Boulevard. 'n Blyspel van Andrew Lloyd Webber gebaseer op die film Sunset Boulevard uit 1950. 1980 – Barnum. 'n Blyspel oor Phineas T. Barnum. 1976 – Rex. 'n Blyspel van Richard Rodgers oor Henry VIII van Engeland.

Dramas 2007 – Damages 1992 – Death and the Maiden 1985 – Benefactors 1983 – The Real Thing Drama van Tom Stoppard 1978 – The Crucifer of Bloo

Filmografie duimnael|Close in 2012

* TV-films is uitgelaat 2016 – The Girl with All the Gifts (dokter Caroline Caldwell). 2016 – Warcraft: The Beginning (Alodi) 2014 – Guardians of the Galaxy 2011 – Albert Nobbs 2007 – Evening 2006 – George and Martha Washington: A 40 Year Romance (verteller) 2005 – Hoodwinked as Granny (stem) 2005 – Heights 2005 – Nine Lives 2005 – The Chumscrubber 2005 – Tarzan II (stem) 2004 – The Stepford Wives 2003 – Le divorce 2002 – Pinocchio (stem) 2001 – The Safety of Objects 2000 – Things You Can Tell Just by Looking at Her 2000 – 102 Dalmatiërs as Cruella DeVil 1999 – Tarzan (stem) 1999 – Cookie's Fortune 1997 – Paradise Road as Adrienne Pargiter 1997 – Air Force One 1996 – Mary Reilly 1996 – 101 Dalmatiërs as Cruella DeVil 1996 – Mars Attacks! 1994 – The Paper 1993 – House of the Spirits as Ferula 1991 – Hook 1991 – Meeting Venus 1990 – Reversal of Fortune 1990 – Hamlet 1989 – Immediate Family 1988 – Dangerous Liaisons (Oscar-nominasie) 1988 – Gandahar (stem) 1987 – Fatal Attraction (Oscar-nominasie) 1985 – Maxie 1985 – Jagged Edge 1984 – The Natural (Oscar-nominasie) 1984 – The Stone Boy 1984 – Greystoke: The Legend of Tarzan, Lord of the Apes (stem) 1983 – The Big Chill (Oscar-nominasie) 1982 – The World According to Garp (Oscar-nominasie)

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1947 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu