Kalsiumkarbonaat is 'n kalsiumsout van koolsuur. Die stof se chemiese formule is .
Dit is 'n algemene stof wat as die minerale kalsiet en aragoniet in gesteentes voorkom, veral in kryt en kalksteen, eierdoppe, skulpe van buikpotiges, skulpvisskelette en pêrels.
Kalsiumkarbonaat word al baie eeue in die bounywerheid gebruik, byvoorbeeld in portlandsement.
Vorming duimnael|links|165px|Kalsiumkarbonaatkristalle onder 'n skandeerelektron-mikroskoop (SEM-beeld) Kalsiumkarbonaat kan vorm uit ongebluste kalk en koolstofdioksied
Of uit gebluste kalk en koolstofdioksied:
Verwering In aanwesigheid van water kan kalsiumkarbonaat self verder met koolstofdioksied reageer om kalsiumbikarbonaat te vorm
Omrede die bikarbonaat beter oplosbaar is as die karbonaat kan hierdie reaksie lei tot verwering van gesteentes soos kryt wat uit kalsiumkarbonaat bestaan. Die opgeloste kalsiumbikarbonaat kan in die grondwater deursyfer en in grotte druipsteen vorm, as stalagmiete en stalaktiete, soos dit in Suid-Afrika se Kangogrotte gebeur.
Optiese eienskappe duimnael|links|250px|'n Kalsietkristal wat sy dubbelbreking vertoon Groot kristalle van kalsiet kom in die natuur voor, veral op Ysland. In die sigbare en naby-infrarooigebied is hulle deursigtig, maar sterk dubbelbrekend. Die kristal is negatief eenassig en dit word as polariseerder in hierdie golflengtegebied toegepas. Dit is moontlik om kwartgolflengteplaatjies daaruit te maak wat liniêrgepolariseerde in sirkulêrgepolariseerde lig omskakel.
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van kalsium