Hierdie artikel handel oor die etniese groep in Suidoos-Asië. Vir die taal, sien Viëtnamees.

Die Viëtnamese of Kinh (Viëtnamees: người Việt [ŋɨəj˨˩ viət˩], Chữ nôm: 𠊛越 of người Kinh [ŋɨəj˨˩ kiɲ˧], Chữ nôm: 𠊛京) is 'n nasie en etniese groep inheems aan Viëtnam en die aangrensende lande van Suidoos-Asië met sy oorsprong in die hedendaagse noordelike Viëtnam en suidelike China. Hulle vorm die titulêre nasie van Viëtnam en maak volgens die sensus van 1999 86% van Viëtnam se bevolking uit. Viëtnamese staan amptelik bekend as Kinh om hulle van ander etniese groepe in Viëtnam te onderskei. Die vroegste opgetekende naam vir die ou Viëtnamese blyk Lạc of Lạc Việt (Chinees: 雒越; pinyin: Luòyuè) te wees.

duimnael|links|Verspreiding van Viëtnamees as 'n moedertaal duimnael|links|Kinh-meisies in tradisionele áo dài-klere en 'n nón lá-hoed duimnael|links|Viëtnamese Nuwejaaroptog in San Jose, Kalifornië Hoewel Viëtnamese weens geografiese en taalwetenskaplike redes as Suidoos-Asiërs geklassifiseer word, het lang tydperke van Chinese oorheersing en invloede die Viëtnamese kultuur nader aan die Oos-Asiatiese kultuur beweeg, of meer spesifiek hul onmiddellike noordelike bure, die Suider-Chinese en ander stamme van Suid-China. Die woord Việt is verkort van Bach Việt (Chinees: 百越; pinyin: Bǎiyuè), 'n naam wat in antieke tye gebruik is. Nam beteken "suid".

In die Volksrepubliek China behoort die Viëtnamese tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite") en word Gin-mense (Chinees: 京族; pinyin: Jīngzú) genoem. Hulle leef veral in die Suid-Chinese provinsie van Guangxi aan die grens tot Viëtnam.

Ná die verowering van Saigon deur die kommunistiese Noord-Viëtnam en die daaropvolgende einde van die Viëtnamoorlog in 1975 het meer as 1,5 miljoen Viëtnamese hulself in die Verenigde State gevestig, waarvan sowat 50% in die deelstate Kalifornië en Texas. Hulle vorm die vierde grootste Asiaties-Amerikaanse etniese groep na die Han-Chinese, Filipinos en Indiërs. Die Viëtnamese diaspora verwys na hulself as Người Việt Hải Ngoại (letterlik: "oorsese Viëtnamese") of Người Việt Tự Do ("vrye Viëtnamese"), terwyl Viëtnamese in Viëtnam hulle Việt Kiều (letterlik: "Viëtnamese vreemdelinge") noem.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Viëtnam Kategorie:Etniese groepe in Afrika Kategorie:Etniese groepe in Europa Kategorie:Etniese groepe in Suid-Amerika Kategorie:Etniese groepe in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Etniese groepe in die Volksrepubliek China