regs|duimnael|451x451px|Oseaanbesoedeling is dikwels duidelik sigbaar soos op hierdie foto, maar sekere onsigbare besoedelende stowwe kan selfs meer skade aanrig.
Oseaanbesoedeling vind plaas wanneer skadelike of potensieel-skadelike stowwe in die oseaan beland. Dit sluit dinge soos chemikalieë, partikels, industriële-, landbou- en huishoudelike afvalstowwe of die verspreiding van indringerorganismes in. Tagtig persent van oseaanbesoedeling kom van die land af. Lugbesoedeling is ook 'n bydraende faktor omdat gifstowwe of skadelike stowwe ook sodoende in die oseaan beland. Hierdie besoedeling wat van sowel die land as die atmosfeer afkomstig is, het 'n skadelike uitwerking op oseane en hul seelewe.Administration, US Department of Commerce, National Oceanic and Atmospheric.
Die oseane word dikwels besoedel deur eksterne bronne soos landbou-afvloei, stof en ander afval wat deur die wind aangewaai word. Nutriëntbesoedeling is 'n tipe waterbesoedeling en dit verwys na oormatige plantvoedingstowwe wat in die water beland en skade aanrig. Dit is die hoofoorsaak van die eutrofikasie van oppervlakwater. Dit is veral 'n oormaat stikstof of fosfor in die water wat die groei van alge stimuleer.
Baie van die potensieel giftige chemikalieë word deur plankton en bentos (seediertjies op die seebodem) ingeneem. Hierdie diertjies is meestal filtervoeders en op hierdie manier word die gifstowwe deel van die oseaan se voedselketting. Van hierdie partikels vorm 'n chemiese verbinding wat totaal sonder suurstof is, en dit veroorsaak dat estuariums of riviermondings anoksies word.
Wanneer gifstowwe soos plaagmiddels in die marine-ekostelsel beland, word dit vinnig in die voedselweb van die oseaan opgeneem. Die oomblik wat dit gebeur, kan hierdie gifstowwe sekere afwykings in die seediere wat dit inneem veroorsaak. Dit lei ook tot siektes wat skadelik kan wees vir die mensdom sowel as die hele voedselweb van die oseaan.
Giftige metale beland ook soms in die marinevoedselweb. Dit veroorsaak sekere biochemiese veranderings, dit verander die gedrag van die seelewe en onderdruk die groei in die seelewe. Daar is groot hoeveelhede vismeel in dierevoer aanwesig. Op hierdie manier word die mensgemaakte gifstowwe na diere op land oorgedra, en beland uiteindelik in vleis- en suiwelprodukte wat deur die mens ingeneem word.
Geskiedenis regs|duimnael|350x350px| Alhoewel oseaanbesoedeling al eeue lank voorkom, is internasionale wetgewing om dit te bekamp eers in die twintigste eeu deurgevoer. Oseaanbesoedeling was 'n belangrike besprekingspunt op verskeie konferensies van die Verenigde Nasies oor die Wet van die Oseaan. Dit het al in die 1950's begin. Baie wetenskaplikes het geglo dat die oseane so groot en uitgestrek is dat dit 'n onbeperkte vermoë het om hierdie besoedeling te absorbeer, en het dit dus nie as skadelik beskou nie.
In die laat 1950's en vroeë 1960's het die storting van radio-aktiewe afval in die oseaan op verskeie plekke baie opspraak verwek.
Oseaanbesoedeling was een van die belangrikste onderwerpe op die tafel by die Verenigde Nasies se Konferensie oor die Menslike Omgewing wat in 1972 in Stockholm gehou is. Dieselfde jaar is die Konvensie vir die Voorkoming van Oseaanbesoedeling deur die Storting van Afval en ander Stowwe geteken. Hierdie Konvensie, ook die Londenkonvensie genoem, het wel nie oseaanbesoedeling verban nie, maar dit het lyste van gevaarlike afval saamgestel. Die gryslys is stowwe wat deur plaaslike owerhede gereguleer moet word, en die swartlys is stowwe wat verban moet word. Sianied en hoëvlak radioaktiewe afval is op die swartlys geplaas. Die Londenkonvensie se bepalings was net van toepassing op afval wat van skepe af gestort word, en het dus geen bydrae gelewer tot beperking van afval wat in vloeibare vorm deur pypleidings in die see gestort word nie.Hamblin, Jacob Darwin (2008) Poison in the Well: Radioactive Waste in the Oceans at the Dawn of the Nuclear Age.
Die voetspoor van besoedeling links|duimnael|'n Erg besoedelde rivier Daar is baie maniere om die impak van besoedeling op ons marine-ekosisteme te kategoriseer. Patin noem dat daar hoofsaaklik drie kategorieë van oseaanbesoedeling is: direkte storting van afval en smetstowwe in die oseaan; besoedelde afvoerwater wat in riviere na die see vloei; besoedelende stowwe wat in die atmosfeer vrygestel word.
Smetstowwe in riviere beland maklik in die see. Water verdamp vinniger uit die oseane as wat dit met reën oor die oseaan aangevul kan word. Die balans word dan weer deur die reënval oor die kontinente herstel wat met riviere langs na die see terugvloei. Die Hudsonrivier in New York (deelstaat) en die Raritanrivier in New Jersey wat aan die noordelike en suidelike kante van Staten-eiland uitmond, besoedel die plaaslike soöplankton met kwik en die besoedeling word sodoende na die oseaan versprei.
Besoedeling kan op een van twee maniere geskied. Met lokale besoedeling is die smetstof direk aanwesig. 'n Voorbeeld hiervan is rou riool of industriële afval wat in die see gestort word. Eksterne besoedeling gebeur daarenteen elders, maar die gifstowwe eindig in die see. Besoedelde riviere en die wind wat sekere chemikalieë na die oseane waai is voorbeelde van eksterne besoedeling.
Direkte storting regs|duimnael|Suurmynwater vloei direk in die Rio Tinto-rivier. Smetstowwe en giftige stowwe soos riool en industriële en chemiese afval vloei soms direk die see in.
Myne soos koper- en goudmyne veroorsaak ook oseaanbesoedeling. Die meeste van hierdie besoedeling is grond wat via die rivier die see binnevloei. Van hierdie minerale wat tydens die mynproses vrygestel word kan elders groot probleme veroorsaak. Die mynwese se negatiewe impak op die omgewing was besonder groot voordat daar planne beraam is om die skade aan die omgewing te probeer beperk. Van hierdie besoedelde water beland uiteindelik in die oseaan, met katastrofiese gevolge vir die marinelewe.
Afloopwater Afvoerwater van plase, stedelike gebiede en konstruksieareas waar paaie, geboue, hawens en kanale gebou word, kan grond en partikels bevat wat met koolstof, stikstof, fosfor en minerale besmet is. Hierdie voedingstofryke water sorg dat alge en fitoplankton in kusgebiede floreer. Dit word algebloei genoem. Wanneer algebloei voorkom, kan dit al die beskikbare suurstof uit die water haal en die toestand staan as hipoksie bekend.
In kusareas is afvoerwater van paaie en snelweë soms 'n groot bron van besoedeling. Toksiese chemikalieë vloei saam met die afvoerwater van die teerpaaie en ander strukture af en beland dan in die oseaan.
Besoedeling deur skepe links|duimnael|'n Vragskip pomp ballaswater in die see in. Skepe besoedel bevaarbare riviere en kanale en oseane op vele maniere. Oliestortings het 'n vernietigende uitwerking op die ekosisteem. Nie net is dit giftig vir die seelewe nie, maar dis ook baie moeilik om dit op te ruim en van die oliedeeltjies bly vir jare in die sediment en marine-omgewing agter.Panetta, L.E. (voorsitter) (2003) America's living oceans: charting a course for sea change [Elektroniese weergawe op kompakskyf] Pew Oceans Commission.
Alhoewel groot oliestortings in die see altyd die koerante se voorblaaie haal, kom die meeste van die olie in die oseaan van ander, kleiner bronne en is dit nie 'n massiewe storting op een slag nie. Hierdie bronne van besoedeling is olietenkers wat die ballaswater in die see uitspuit wanneer die tenker leeg terugkeer, lekkende pypleidings in die oseaan of enjinolies van verskillende vaartuie.Farmer, Andrew (1997).
Soms val daar van die vrag van 'n massavragskip af en dit beland in die water van hawens, kanale en die oseaan en kan tot besoedeling lei. In baie gevalle is hierdie storting van die afval opsetlik, ten spyte van wetgewing wat dit verbied. Daar word bereken dat houerskepe jaarliks sowat 10 000 houers in die see verloor – gewoonlik tydens storms.Podsadam, Janice (19 Junie 2001). Skepe veroorsaak ook geraasbesoedeling wat die natuur versteur en water van ballastenks kan ook skadelike alge en ander indringerspesies versprei.Meinesz, A. (2003) Deep Sea Invasion: The Impact of Invasive Species PBS: NOVA.
Ballaswater wat in die see ingeneem word en in 'n hawe uitgepomp word is 'n groot bron van ongewenste eksotiese marinelewe. Die indringer varswater sebra-mossel wat inheems aan die Swart See, Kaspiese- en Azov Seë is, is waarskynlik na die Groot Mere oorgedra in die ballaswater van 'n skip wat oor meer as een oseaan gevaar het. Meinesz glo dat die oënskynlik skadelose kwal, Mnemiopsis leidyi, een van die beste voorbeelde van 'n erge en besonder skadelike indringerspesie is. Dit is 'n kwalspesie wat sodanig versprei het dat dit nou in baie riviermondings regoor die wêreld voorkom. Dit word sedert 1982 opgemerk, en daar word vermoed dat dit deur 'n skip se ballaswater na die Swart See versprei is. Die bevolking van hierdie kwalle het geweldig toegeneem en het teen 1988 chaos in die visbedryf veroorsaak. Hierdie kwal het die soöplankton vernietig en daarmee saam die vislarwes. Nadat die kwal se voedselbronne uitgeroei is, het hul getalle drasties gedaal, maar hulle het steeds 'n wurggreep op die ekostelsel.
Indringerspesies kan 'n gebied oorneem en wanneer dit eers gevestig is, skadelike siektes versprei, nuwe genetiese materiaal byvoeg, die onderwaterlandskap verander en die vermoë van plaaslike spesies om kos te verkry, verminder.Pimentel, D.; Zuniga, R.; Morrison, D. (2005).
Tipes oseaanbesoedeling
Suurvorming links|duimnael|'n Eiland met 'n strandrif in die Maledive-eilandgroep. Koraalriwwe is besig om wêreldwyd uit te sterf.Coral reefs around the world The Guardian, 2 September 2009. Die oseane absorbeer koolstofdioksied uit die atmosfeer. Omdat die vlakke van atmosferiese koolstofdioksied vermeerder, word die oseane toenemend meer suurvormend.Orr, J.C.; Fabry, V.J.; Aumont, O.; Bopp, L.; Doney, S.C.; Feely, R.A.; Gnanadesikan, A.; Gruber, N.; Ishida, A.; Joos, F.; Key, R.M.; Lindsay, K.; Maier-Reimer, E.; Matear, R.; Monfray, P.; Mouchet, A.; Najjar, R.G.; Plattner, G.K.; Rodgers, K.B.; Sabine, C.L.; Sarmiento, J.L.; Schlitzer, R.; Slater, R.D.; Totterdell, I.J.; Weirig, M.F.; Yamanaka, Y.; Yool, A. (2005).Key, R.M.; Kozyr, A.; Sabine, C.L.; Lee, K.; Wanninkhof, R.; Bullister, J.L.; Feely, R.A.; Millero, F.J.; Mordy, C.; Peng, T.H. (2004). Alhoewel die moontlike gevare van die versuring van die oseane nog nie ten volle verstaan word nie, is daar kommer dat kalsiumkarbonaat-strukture moontlik kan ontbind. Dit sal 'n drastiese impak hê op koraal en die vermoë van skulpvis om skulpe te vorm.Raven, J.A. et al (2005)
Oseane en die ekosisteme in die oseaan speel 'n belangrike rol in die koolstofkringloop. Die oseane het ongeveer 25% van die koolstofdioksied wat die gevolg is van menslike aktiwiteite tussen 2000 en 2007 asook ongeveer die helfte van die antropogeniese CO2 wat sedert die begin van die industriële revolusie vrygestel is, verwyder. Stygende oseaantemperature en oseaanversuring beteken dat die vermoë van die oseane om die koolstof uit die atmosfeer te verwyder al hoe swakker sal word. Hierdie vrese is in die Monaco-verklaringsMonaco Declaration en Ocean Acidification A Summary for Policymakers from the Second Symposium on the Ocean in a High-CO2 World. en ManadoManado Ocean Declaration World Ocean Conference Ministerial/High Level Meeting. uitgespreek.
'n Kwessie wat hiermee saamgaan is die metaanklatraat-reservoirs wat onder die sediment op die seebodem gevind is. Daarin word groot hoeveelhede kweekhuisgas (metaan) vasgevang wat vrygestel sal word wanneer die oseane verwarm. Indien al hierdie klatraat eweredig oor die seebodem versprei word, sal dit ongeveer tussen drie en veertien meter dik wees.Die oseane beslaan 361 miljoen vierkante km.
Eutrofikasie regs|duimnael|'n Besoedelde strandmeer regs|duimnael|Die effek van eutrofikasie op die marinelewe (bentos).