Die Neurenberg-verhore (Duits: Nürnberger Prozesse) was 'n reeks militêre tribunale wat deur die Geallieerde Magte van die Tweede Wêreldoorlog ingestel is. Die verhore het veral internasionale aandag getrek weens die vervolging van die leidende figure in die politieke, militêre, en ekonomiese leierskap van Nazi-Duitsland. Hulle was almal op een of ander manier betrokke by die beplanning en die uitvoering van die Sjoa (Holocaust) en ander oorlogsmisdade. Die verhore is in die Duitse stad, Neurenberg gehou. Die eerste, en die bekendste van al hierdie verhore is deur Norman Birkett beskryf as "die grootste verhoor in die geskiedenis". Hy was een van die Britse regters wat in die verhore gedien het, waartydens die vernaamste oorlogsmisdadigers vanaf 20 November 1945 tot 1 Oktober 1946 deur die Internasionale Militêre Tribunaal (IMT) verhoor is. Die Tribunaal se opdrag was om 23 van die belangrikste politieke en militêre leiers van die Derde Ryk vir oorlogsmisdade aan te kla. Een van die beskuldigdes, Martin Bormann, is egter in absentia verhoor, terwyl nog een, Robert Ley, 'n week nadat die verhore begin het, selfmoord gepleeg het.
Adolf Hitler, Heinrich Himmler, en Joseph Goebbels is nooit voor die hof gedaag nie want hulle het almal in die lente van 1945 selfmoord gepleeg, nog lank voordat die Geallieerdes klagstate teen hulle kon uitmaak.Cooper 2011, p. 38.
In die tweede ronde verhore was die sogenaamde "minder ernstige" oorlogsmisdadigers ingevolge die Beheerraadwet 10 deur die Amerikaanse Neurenberg Militêre Tribunale (NMT) hanteer. Hier was die Nazi's se dokters en regters verhoor.
Oorsprong Dit was teen die einde van die Eerste Wêreldoorlog wat die fondasie gelê is vir die uiteindelike totstandkoming van die Tribunaal. Teen die einde van die Eerste Wêreldoorlog het die oorwinnaars onderling besluit om die oortreders wat oorlogsmisdade gepleeg het met die Leipzig Oorlogsmisdade-verhore (Leipzig War Crimes Trials) aan te kla. Hierdie verhore is in Julie 1921 in die Reichsgericht (Duitse Hooggeregshof) in Leipzig gehou. Hierdie eerste poging was op 'n baie beperkte skaal gehou en was inderwaarheid baie ondoeltreffend gewees. Aan die begin van 1940 het die Poolse regering-in-ballingskap die Britse- en Franse regering versoek om die Duitse militêre inval in hul land te veroordeel. Die Britte wou dit aanvanklik nie doen nie, maar in April 1940 is daar 'n gesamentlike Brits-Frans-Poolse deklarasie uitgevaardig. Hierdie deklarasie was egter maar ietwat van 'n halfhartige poging gewees."
Eers drie en 'n half jaar later het die gewilligheid om die Duitsers te straf begin gestalte kry toe die Sowjetunie, Verenigde Koninkryk en Die Verenigde State van Amerika op 1 November 1943 die Moskouse Deklarasies gesluit het. Ingevolge hiervan is die Nazi's "behoorlik gewaarsku" dat die dag wat hulle verslaan word sal die Geallieerde Magte die oorlogsmisdadigers tot aan die einde van die wêreld jag om vir hul wandade te betaal."Heller 2011, page 9. Hierdie verklaarde waarskuwing, dat reg en geregtigheid sal geskied teen oorlogsmisdadigers, was weereens tydens die Jalta-konferensie en in Berlyn in 1945 bekragtig.
Dokumente uit die Britse Oorlogskabinet, wat op 2 Januarie 2006 vrygestel is, wys dat daar reeds so vroeg as in Desember 1944 planne bespreek was oor die beleid vir die straf van Nazi-leiers wanneer hulle gevang word. Die Britse premier Winston Churchill het toe 'n beleid van "summiere teregstelling" in sekere omstandighede voorgestaan. Hy het eers van sy drastiese planne afgesien nadat hy met die Russe en Amerikaners hieroor beraadslaag het. "Shooting top Nazis?
Laat in 1943, tydens 'n aandete van die drie staatsleiers by die Teheran Konferensie, het die Sowjet-leier, Josef Stalin, voorgestel dat 50 000 tot 100 000 Duitse stafoffisiere tereggestel word. Amerika se president Franklin D. Roosevelt het 'n grap gemaak en gesê 49 000 sal eerder die ding doen. Churchill, wat gedink het hulle was ernstig, het die idee afgeskiet as "die koelbloedige teregstelling van soldate wat vir hul land geveg het" en dat hy eerder "self uitgesleep wil word om in die binnehof doodgeskiet te word", as om deel van so iets te wees. Hy het egter bygevoeg dat hy glo oorlogsmisdadigers moet boet vir hul dade en dat, volgens die bepalings van die Moskouse Deklarasies, wat deur homself opgestel is, hulle aangekla moet word op die plekke waar die misdade gepleeg is. Hy was totaal gekant teen teregstellings vir politieke gewin.Crossland, John (1 Januarie 2006).Tehran Conference: Tripartite Dinner Meeting 29 November 1943 Soviet Embassy, 8:30 PMUnited States Department of State Foreign relations of the United States.
Opstel van die howe Op 20 April 1942 het verteenwoordigers van die nege lande wat Duitsland beset het, die "Inter-Geallieerde Resolusie vir Duitse Oorlogsmisdade" saamgestel. Daar is reeds vooraf op die formaat van die straf wat toegepas sou word, deur die drie groot moondhede, Brittanje, die Sowjetunie en Amerika tydens die samesprekings in Teheran (1943), Jalta en Potsdam (1945) ooreengekom. Frankryk het ook 'n setel op die Tribunaal gekry.
Sowat 200 Duitse oorlogsmisdadigers is in Neurenberg verhoor, en 1 600 ander is op die tradisionele kanale van militêre reg verhoor. Omdat die hof beperk was tot die vervolging ingevolge die oorlogswette, het dit nie die jurisdiksie gehad oor misdade wat gepleeg is voor die uitbreek van die oorlog op 1 September 1939 nie.
Plasing duimnael|Die hofgebou in Neurenberg waar die verhore gehou is. Leipzig en Luxemburg was albei aanvanklik oorweeg vir die verhore. Die Sowjetunie wou die hof in Berlyn gehad het omdat dit die hoofstad van die "fascistiese samesweerders" was, maar Neurenberg is gekies vir twee redes, met die eerste rede wat die deurslag gegee het: Die Paleis van Justisie (Neurenberg-hof) was ruim en baie min beskadig. Dit was een van die min geboue wat byna ongeskonde uit die Geallieerde bomaanvalle op Duitsland gekom het. 'n Groot tronk het ook deel van die kompleks uitgemaak. Neurenberg is gesien as die seremoniële geboorteplek van die NSDAP. Die party se jaarlikse propoganda-byeenkomste is daar gehou en die Reichstag se sittings is ook daar gehou.Henkel (red.) Dit was dus beskou as die ideale stad vir die NSdAP se simboliese ondergang.
Deelnemers Elkeen van die vier moondhede kon een regter en 'n aflosregter en elkeen een aanklaer vir die verhore aanwys.
Regters duimnael|Die voorsittende regter by Neurenberg was v.l.n.r: Volchkov, Nikitchenko, Birkett, Sir Geoffrey Lawrence, Biddle, Parker, Donnedieu de Vabres en Falco. link=Soviet_Union|alt=Soviet Union|border|23x23pxGeneraal-Majoor Iona Nikitchenko (Sowjet-hoof) link=Soviet_Union|alt=Soviet Union|border|23x23px Luitenant-Generaal Alexander Volkchkov (Sowjet-aflos) link=United_Kingdom|alt=United Kingdom|border|23x23px Sir (Kolonel) Geoffrey Lawrence (Britse-hoof en ook President van die Tribunaal) link=United_Kingdom|alt=United Kingdom|border|23x23px Sir Norman Birkett (Britse-aflos) link=United_States|alt=United States|border|23x23px Francis Biddle (Amerika-hoof) link=United_States|alt=United States|border|23x23px John J. Parker (Amerika-aflos) link=France|alt=France|border|23x23px Professor Henn Donnedieu de Vabres (Franse-hoof) link=France|alt=France|border|23x23px Robert Falco (Franse-aflos)
Hoof-aanklaers link=United_Kingdom|alt=United Kingdom|border|23x23px Prokureur-Generaal Sir Hartley Shawcross (Verenigde Koninkryk) link=United_States|alt=United States|border|23x23px Hooggeregshofregter Robert H. Jackson (VSA) link=Soviet_Union|alt=Soviet Union|border|23x23px Luitenant-Generaal Roman Andreyevich Rudenko (Sowjetunie) link=France|alt=France|border|23x23px François de Menthon (Frankryk), wat later vervang is deur Auguste Champetier de Ribes
Die verhore duimnael|Seldsame kleurfoto van die verhoor in Neurenberg met die beskuldigdes in die bank onder die bewaking van Amerikaanse militêre polisiebeamptes Die Internasionale Militêre Tribunaal het op 19 November 1945 in die Paleis van Justisie in Neurenberg begin.Henkel (red.)Summary of the indictment in Department of State Bulletin, Oktober 21, 1945, p. 595 Die eerste sessie is deur die Sowjetregter, Nikitchenko aangehoor. Die aanklaer het die klagstaat teen die 24 vernaamste oorlogsmisdadigers en sewe organisasies- die leierskap van die NSdAP, die Rykskabinet, die Schutztaffel (SS), die Sicherheitsdienst (SD), die Gestapo, Sturmabteilung (SA) en die Generale Staf en Opperbevel- in die hof aan die beskuldigdes voorgelees."Nuremberg Trial Proceedings Indictment: Appendix B".
Die aanklagte was: Die deelname in 'n gemeenskaplike plan of sameswering om misdade teen 'n vreedsame samelewing te pleeg Die beplanning en voer van 'n oorlog en ander misdade wat die vrede verstoor Oorlogsmisdade Misdaad teen die mensdom Die 24 beskuldigdes is met betrekking tot elke aanklag óf aangekla, maar nie skuldig bevind nie (A), aangekla en skuldig bevind (S), of nié aangekla nie (—), soos die lys hier onder aandui: Die beskuldigde, die klag en die uiteinde daarvan.