Die hanekam-oester (Lopha cristagalli) is oester wat voorkom in koraal- en rotsriwwe vanaf die tussengetysone tot in water wat 40 m diep is. Die oester is wydverspreid in die Indiese-Pasifiese area. Dit word tot 150 mm lank. Hierdie tweekleppige heg homself aan die rotse. Sy skulp is blouerig tot geelbruin en die bek is driehoekig. Dit word dikwels oorgroei met spons of ander seediere. Dit is 'n filter-vreter en kom algemeen voor. In Engels staan dit bekend as die Cockscomb oyster.

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Eksterne skakel http://www.sealifebase.org/summary/Lopha-cristagalli.html

Kategorie:Tweekleppiges