Drimiopsis is ’n nedersetting in die Omahekestreek van Namibië, sowat 40 km noord van Gobabis. Die plaaslike gemeenskap bestaan hoofsaaklik uit San, Khoekhoe-gowob, Herero en Tswanas.Inligting oor die Primêre Skool Hippo . URL besoek op 3 Februarie 2016.

Die nedersetting het twee skole, die Primêre Skool Drimiopsis en die Sekondêre Skool Mokganedi Tlhabanello, wat in 2008 onderskeidelik 489 en 590 leerlinge gehad het. In 2012 het die hoërskool 453 leerlinge gehad. Learners dodge classes , Namibia Sun, 2 Julie 2012. URL besoek op 3 Februarie 2016.

Drimiopsis lê aan die C22-hoofpad wat van Aranos deur Gobabis tot suid van Otjiwarongo loop, waar dit in die B1 nasionale pad eindig. Die C22 is net tussen Drimiopsis en Gobabis (41 km) asook tussen Okakarara en die B1 geteer.

Sien ook Gereformeerde kerk Sanveld

Bron Drimiopsis schools without water, power, The Namibian, 30 September 2008. URL besoek op 3 Februarie 2016.

Verwysings

Eksterne skakels Spain contributes to food security in Drimiopsis resettlement, Republikein, 24 Oktober 2014. URL besoek op 3 Februarie 2016. Foto's van plaasgrafte by Drimiopsis. URL besoek op 3 Februarie 2016.

Kategorie:Nedersettings in Namibië