duimnael|180px|Carl Theodor Dreyer, hier in 1965 afgeneem, het die 1928-prent The Passion of Joan of Arc geregisseer wat algemeen beskou word as ’n mylpaal in die rolprentbedryf.

’n Kunsrolprent of kunsfliek is gewoonlik ’n ernstige, onafhanklike prent wat op ’n uitgelese groep gemik is, eerder as op ’n massagehoor. Dit is bedoel "om ’n ernstige kunswerk te wees, dikwels eksperimenteel en nie vir die algemene smaak nie";The American Heritage® Dictionary of the English Language, 4de uitg., © 2000 deur Houghton Mifflin Company. Houghton Mifflin Company hulle word "hoofsaaklik om estetiese redes gemaak eerder as vir wins",Random House Kernerman Webster's College Dictionary, © 2010 K Dictionaries Ltd. © 2005, 1997, 1991. Random House, Inc. en hulle bevat "onkonvensionele of hoogs simboliese inhoud".

Sulke prente kan elemente soos sosiale realisme, klem op die uitdrukkingsbehoeftes van die regisseur en ’n fokus op die denke, drome en motivering van die karakters bevat, in teenstelling met die duidelike, doelgerigte storielyn van gewilder prente. Die rolprentkenner David Bordwell beskryf kunsflieks as "’n rolprentgenre met sy eie, afsonderlike konvensies".Keith, Barry. Film Genres: From Iconography to Ideology. Wallflower Press: 2007. (bl. 1)

Die vervaardigers van kunsflieks stel gewoonlik hul prente in spesialiteits- of kunsteaters en op rolprentfeeste bekend. Omdat hulle op ’n kleiner gehoor gemik is, kry hulle selde die finansiële steun van groter produksies en is daar minder spesiale effekte, duur akteurs en advertensieveldtogte by betrokke. Gewoonlik word meer onbekende akteurs en eenvoudiger filmstelle gebruik om geld te bespaar.

’n Sekere mate van kennis en ondervinding is gewoonlik nodig om sulke prente ten volle te verstaan en waardeer.Resensie van Chungking Express: Vir reklame steun kunsflieks op die publisiteit wat deur rolprentresensente verskaf word, besprekings deur kunsrubriekskrywers en bloggers, asook mondelinge aanbeveling deur mense wat dit gesien het. Omdat hulle gewoonlik min kos, hoef hulle minder geld te maak om winsgewend te wees.

Geskiedenis

Die voorlopers van kunsflieks sluit in D.W. Griffith se Intolerance (1916) en die werk van Sergei Eisenstein. Albei het die ontwikkeling van die Europese rolprentbedryf vir jare beïnvloed.William C. Siska. , Arno Press, 1980. Sien uittreksel deur Frank Manchel in [ Film study: an analytical bibliography], Fairleigh Dickinson University Press, 1990. URL besoek op 2012-01-09.

Die Russiese regisseur Eisenstein se The Battleship Potemkin (1925) was ’n revolusionêre propagandaprent wat hy gebruik het om sy teorie te toets dat hy montage op so ’n manier kon gebruik dat dit die grootste emosionele reaksie by die gehoor ontlok. Die internasionale aansien wat die prent hom besorg het, het hom in staat gestel om die regisseur te wees van October: Ten Days That Shook the World as deel van ’n groot tienjaarviering van die Oktober-rewolusie van 1917, en daarna The General Line (ook bekend as Old and New). Internasionale resensente het die prente lof toegeswaai. In Rusland het Eisenstein se fokus op strukturele kwessies soos kamerahoeke, skarebewegings en montage hom en ander wat soos hy gedink het, soos Vsevolod Pudovkin en Alexander Dovzhenko, egter in onguns gebring by die Sowjet-rolprentgemeenskap.

Ook prente van Spaanse avant-garde-regisseurs soos Luis Buñuel en Salvador Dalí (bv. L'Age d'Or van 1930) en die Franse draaiboekskrywer en vervaardiger Jean Cocteau (bv. The Blood of a Poet, ook van 1930) het ook kunsflieks beïnvloed. In die 1920's het rolprentverenigings die idee begin voorstaan dat rolprente verdeel kon word in "...vermaak wat op ’n massagehoor gemik is en ’n ernstige rolprentbedryf vir ’n intellektuele gehoor". In Engeland het Alfred Hitchcock en Ivor Montagu ’n rolprentvereniging gestig wat dié prente ingevoer het wat hulle geglo het "kunstige prestasies" was.

duimnael|links|160px|Die Amerikaanse fotograaf en rolprentmaker Man Ray (hier in 1934) was deel van die Dadaïstiese Cinéma Pur-rolprentbeweging.

Cinéma Pur, ’n Franse avant-garde-rolprentbeweging van die 1920's en 1930's, het ook die idee van kunsflieks bevorder. Die beweging het Dadaïsme-kunstenaars ingesluit soos Man Ray (Emak-Bakia, Return to Reason), René Clair (Entr'acte) en Marcel Duchamp (Anemic Cinema). Die Dadaïste het destydse rolprentkonvensies, bourgeois tradisies en konvensionele Aristoteliaanse idees oor tyd en ruimte geïgnoreer.

In die 1930's en 1940's kon Hollywood-rolprente verdeel word in kunstige rolprentaanpassings van letterkundige werke soos John Ford se The Informer (1935) en Eugene O'Neill se The Long Voyage Home (1940), en die winsgewende, "gewilde" prente soos rampokkerflieks.

In die laat 1940's is die idee in Amerika dat ernstige Italiaanse en ander Europese prente verskil van die Hollywood-hoofstroomflieks, versterk deur die ontwikkeling van "kunsbioskope" in groot stede. Ná die Tweede Wêreldoorlog was baie Amerikaners moeg vir die gewone Hollywood-prente en het hulle eerder na dié nuwe kunsbioskope gegaan.Barbara Wilinsky. . Universiteit van Minnesota, 2001 (Commerce and Mass Culture Series). Sien ook 'n resensie in , Journal of Popular Film & Television, 2004. URL besoek op 2012-01-09. Rolprente wat daar vertoon is, het ingesluit Britse en anderstalige prente, asook onafhanklike Amerikaanse en dokumentêre prente. Flieks soos Roberto Rossellini se Open City en Alexander Mackendrick se Whisky Galore!, Bicycle Thieves en The Red Shoes het groot gehore gelok.

In die laat 1950's het Franse rolprentmakers prente begin vervaardig wat beïnvloed is deur Italiaanse neorealismeMarie, Michel. The French New Wave : An Artistic School. Trans. Richard Neupert. New York: John Wiley & Sons, Incorporated, 2002. en klassieke Hollywood-prente, ’n styl wat resensente die Franse New Wave genoem het. Hoewel hulle nooit ’n amptelike beweging was nie, is New Wave-rolprentmakers verbind deur hul doelbewuste verwerping van klassieke rolprentvorme en hul gees van jeugdige ikonoklasme. Baie het ook die sosiale en politieke kwessies van die tydperk in hul werk behandel en radikale eksperimente gedoen met redigering en met hul visuele en vertelstyl. Van die vernaamste pioniers onder hulle sluit in François Truffaut, Jean-Luc Godard, Éric Rohmer, Claude Chabrol en Jacques Rivette. Volgens die "auteur"-teorie is die regisseur die "skrywer" van sy rolprent en het hy ’n handtekening wat van een rolprent tot ’n volgende herkenbaar is.

220px|duimnael|Die aktrise Lena Nyman in die Sweedse prent I Am Curious (Yellow) van 1967.

In die 1960's is die term kunsfliek in Amerika meer algemeen gebruik as in Europa. Dit het losweg anderstalige, "auteur"-, onafhanklike, eksperimentele, dokumentêre en kortprente ingesluit.

Teen die 1980's en 1990's het ’n paar maatskappy onafhanklike prente versprei wat nie byval by die algemene publiek sou vind nie. Toe groot ateljees besef daar is ’n mark vir sulke prente, het hulle afdelings op die been gebring wat daarop gekonsentreer het, soos Twentieth Century Fox se Fox Searchlight Pictures, Universal Studios se Focus Features, Sony Pictures Entertainment se Sony Pictures Classics en Paramount Pictures se Paramount Vantage. Resensente verskil oor of sulke prente werklik as onafhanklike flieks beskou kan word omdat hulle deur groot studio's gefinansier is.

Volgens die regisseur en vervaardiger Roger Corman het die belangrikheid van kunsflieks ná die 1960's afgeneem omdat Hollywood by Europese prente geleer en hul tegnieke begin gebruik het. Volgens hom kan kykers iets van die essensie van die Europese kunsflieks sien in die Hollywood-prente van die 1970's. Dié tegnieke het dus wêreldwyd algemeen geraak. Daar is egter steeds rolprente wat vanweë hul besonderse inhoud of styl uitstaan en veral deur kunsfliekliefhebbers waardeer word.

Noemenswaardige rolprente

Die prente wat hieronder bespreek word, is ’n paar van die "kunsflieks" deur die dekades heen om ’n idee te gee van wat die term behels. Dié prente het een of meer van die eienskappe van kunsflieks: ’n ernstige, niekommersiële of onafhanklike fliek wat nie op die massagehoor gemik is nie. Van dié flieks word ook beskou as "auteur"- of eksperimente prente. Soms verskil resensente oor of ’n fliek ’n hoofstroomprent is of nie. Terwyl sommige resensente byvoorbeeld Gus van Sant se My Own Private Idaho (1991) ’n "oefening in eksperimentering" van "hoogs kunstige gehalte" beskryf,Allmovie.com noem die Washington Post dit ’n ambisieuse hoofstroomfliek.

Sommige van die prente hieronder het die meeste van die genoemde eienskappe; ander is kommersiële prente wat deur hoofstroomateljees gemaak is, maar die kenmerk van ’n regisseur se "auteur"-styl of ’n eksperimentele karakter het. Die flieks is noemenswaardig óf omdat hulle groot pryse of lof van invloedryke resensente ingepalm het óf omdat hulle ’n innoverende vertelstyl of filmtegniek het.

1920's tot 1940's

In die 1920's en 1930's het vervaardigers nie ten doel gehad om kunsflieks te maak nie en resensente het nie die term gebruik nie. Daar was egter prente wat meer gesofistikeerde estetiese oogmerke gehad het, soos Carl Theodor Dreyer se The Passion of Joan of Arc (1928) en Vampyr (1932), surrealistiese prente soos Luis Buñuel se Un chien andalou (1929) en L'Âge d'Or (1930), of selfs prente wat oor politieke of aktuele onderwerpe gehandel het, soos Sergei Eisenstein se bekende en invloedryke meesterstuk Battleship Potemkin. Die Amerikaanse fliek Sunrise: A Song of Two Humans (1927) deur die Duitse Ekspressionistiese regisseur F.W. Murnau gebruik verwronge kunsontwerp en grondverskuiwende kinematografie om ’n oordrewe, feëagtige wêreld vol simboliek en beeldspraak te skep. Jean Renoir se prent The Rules of the Game (1939) was ’n restourasiekomedie wat verby die konvensies van die restourasiekomedie-genre beweeg het deur ’n skerp en tragiese satire te skep oor die Franse hoër stand in die jare voor die Tweede Wêreldoorlog; in ’n opname onder resensente van die Britse Rolprentinstituut is dit aangewys as die derde beste rolprent nog, naas Citizen Kane en Vertigo.

Sommige van hierdie kunsgeoriënteerde films is deur ryk individue gefinansier eerder as deur rolprentmaatskappye, veral as die inhoud omstrede was of waarskynlik nie groot gehore sou lok nie. In die laat 1940's het die Britse regisseur Michael Powell en Emeric Pressburger The Red Shoes (1948) gemaak, ’n prent oor ballet wat uitgestaan het bo die hoofstroomprente van dié tyd. In 1945 het David Lean Brief Encounter geregisseer, wat geskoei was op Noël Coward se toneelstuk Still Life en gegaan het oor ’n passievolle liefdesverhouding tussen ’n man uit die hoër stand en ’n middelklasvrou te midde van die sosiale en ekonomiese kwessies wat Brittanje in dié tyd in die gesig gestaar het.

1950's