Die Han-Chinese is 'n inheemse etniese groep in Oos-Asië. Hulle maak ongeveer 92% van die Volksrepubliek China se bevolking uit, 93% van Hongkong se bevolking, 92% van Macau se bevolking, 98% van die Republiek China op Taiwan se bevolking, 76,2% van Singapoer se bevolking, 24,5% van Maleisië se bevolking, 15% van Thailand se bevolking en omtrent 19% van die hele globale menslike bevolking wat hulle die grootste etniese groep in die wêreld maak. Die Han-Chinese word as 'n onderafdeling van die Chinese nasie (Zhonghua minzu) beskou. Hulle verwys na hulleself soms as Yan Huang Zisun, wat die "seuns van (die god-keisers) Yan en Huang" beteken.

duimnael|links|Wêreldwye verspreiding van Han-Chinese in 2010 In Chinees word tussen die Chinese as burgers van albei Chinese lande (Vereenvoudigde Chinees: 中國人 / Tradisionele Chinees: 中国人, Pinyin: Zhōngguórén, letterlik: "Mense uit die sentrale ryke") en die etniese Chinese (漢族人 / 汉族人, Hànzúrén of 漢人 / 汉人, Hànrén, "mens van die Han-volk") onderskei. Bykomend tot die Han-Chinese erken die Volksrepubliek China nog 55 en die Republiek China 14 ander etniese groepe ("nasionaliteite") amptelik.

Elders in die wêreld bly drie miljoen mense van Chinese afkoms in die Verenigde State (1% van die bevolking), meer as 1 miljoen in Kanada (3,7%), meer as 1,3 miljoen in Peru (4,3%), meer as 600 000 in Australië (3,5%), byna 150 000 in Nieu-Seeland (3,7%) en meer as 750 000 in Afrika, waaronder 350 000 in Suid-Afrika. China and Africa: Stronger Economic Ties Mean More Migration, By Malia Politzer, Migration Information Source, Augustus 2008

Die belangrikste subgroepe sluit in: Chuanqing Min (Fuzhouese, Putianese, Hoklo, Teochew) Gan met hul taal Gan Hakka met hul taal Hakka Hunanese Kantonese (Taishanese) met hul taal Kantonees Min met hul taal Min Tanka (Fuzhou Tanka) Wu (Shanghainese) met hul taal Wu Xiang met hul taal Xiang

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

How the Han Chinese became the world's biggest tribe – People's Daily Online 16 September 2004 Verspreiding van etniese groepe in China

Kategorie:Demografie van Kambodja Kategorie:Etniese groepe in die Republiek China Kategorie:Etniese groepe in die Volksrepubliek China Kategorie:Etniese groepe in Indonesië Kategorie:Etniese groepe in Kanada Kategorie:Etniese groepe in Maleisië Kategorie:Etniese groepe in Mianmar Kategorie:Etniese groepe in Peru Kategorie:Etniese groepe in Singapoer Kategorie:Etniese groepe in Suid-Afrika Kategorie:Etniese groepe in Thailand Kategorie:Etniese groepe in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Etniese groepe in Europa Kategorie:Etniese groepe in Suid-Amerika Kategorie:Filippyne Kategorie:Hongkong Kategorie:Macau