Jack Liebeck (gebore 1980) is 'n Britse violis. In 2010 wen hy 'n Classical Brit-toekenning in die kategorie vir jong Britse klassieke kunstenaars. Liebeck was 'n solis op die klankbaan van die 2011-rolprent Jane Eyre wat deur Cary Joji Fukunaga geregisseer is, asook op die Oscar-, Golden Globe-, en BAFTA-genomineerde klankbaan van Anna Karenina (2012). Beide klankbane is deur Dario Marianelli gekomponeer. Hy neem uitsluitlik vir Hyperion Records op.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf http://www.dailymail.co.uk/health/article-2217225/Jack-Liebeck-How-doctors-saved-music-career-Anna-Karenina-violinist.html

Kategorie:Engelse musici Kategorie:Geboortes in 1980 Kategorie:Lewende mense