Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Bosniake.
Die Bosniese taal (bosanski/босански; [bɔ̌sanskiː]) is een van die standaardweergawes van die Suidwes-Slawiese taalgroep Serwo-Kroaties en dus nou verwant aan Kroaties, Montenegryns en Serwies. Bosnies vorm saam met Kroaties en Serwies die amptelike tale van Bosnië en Herzegowina. Daarbenewens is Bosnies in Montenegro in amptelike gebruik.
duimnael|links|Verspreiding van Bosniake en Bosnies in die destydse Sosialistiese Republiek van Joego-Slawië in 1991 Die taal word vernaamlik deur Bosniake in Bosnië en Herzegowina gebruik. Dit is gebaseer op die westerse variant van die tokavski-dialek en gebruik oorwegend die Latynse alfabet, terwyl die Cyrilliese alfabet net selde gebruik word.
Die naam "Bosnies" is nogal omstrede, aangesien die Kroate en Serwiërs in Bosnië en Herzegowina hulle taal Kroaties en Serwies noem. Die grondwet van die Republika Srpska en die regering van ServiÎ, waar dit 'n amptelike taal is, verwys na Bosnies as: "taal gepraat deur die Bosniake" (Jezik kojim govore Bošnjaci).
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Slawiese tale Kategorie:Tale van Albanië Kategorie:Tale van Bosnië en Herzegowina Kategorie:Tale van Kosovo Kategorie:Tale van Kroasië Kategorie:Tale van Montenegro Kategorie:Tale van Noord-Masedonië Kategorie:Tale van Serwië Kategorie:Tale van Slowenië Kategorie:Tale van Turkye