Sir Albert Henry Hime (29 Augustus 1842 – 13 September 1919) was 'n eerste minister van Natal. Hy is gebore in Kilcool, Ierland, en sluit in 1861 by die Royal Engineers aan. Hy word in 1875 tot Koloniale Ingenieur van Natal bevorder. Hy word later lid van die Uitvoerende sowel as die Wetgewende Raad van Natal en veg ook in die Anglo-Zoeloeoorlog. Hy meet later die grens met die Vrystaat op. In 1897 word hy Minister van Lande, Werke en Verdediging van Natal, 'n pos wat hy behou tot 1899 toe hy aangestel word as eerste minister. Hy bedank in 1903 en is in 1919 in Pietermaritzburg oorlede.
Die dorpie Himeville in KwaZulu-Natal is na hom genoem.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika Eric Rosenthal. 1967.
Kategorie:Britse ingenieurs Kategorie:Britse militariste Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers Kategorie:Mense in die Anglo-Zoeloe-oorlog Kategorie:Ministers van Verdediging Kategorie:Premiers Kategorie:Geboortes in 1842 Kategorie:Sterftes in 1919