Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Masedoniërs.
Masedonies (македонски јазик, makedonski jazik, [maˈkɛdɔnski ˈjazik] ) is 'n taal uit die Suid-Slawiese taalfamilie wat deur sowat 1,5 miljoen mense in Noord-Masedonië, Griekeland, Bulgarye en Albanië gepraat word, asook in lande met Masedoniessprekende immigrante, soos Serwië en Montenegro. Masedonies was vroeër saam met Serwies (as Serwo-Kroaties) en Sloweens die ampstale van die voormalige Joego-Slawië en is nou die amptelike taal van die Republiek Masedonië.
duimnael|links|Verspreiding van Masedoniese dialekte duimnael|links|Die Masedoniese Cyrilliese alfabet Masedonies is nou verwant aan Bulgaars en word deur taalkundiges dikwels as 'n dialek daarvan beskou. Die Masedoniese dialekte vorm deel van 'n dialekketting wat sowel in die Bulgaarse as die Serwiese taalgebied strek. Masedonies word in 'n variant van die Cyrilliese alfabet geskryf.
Moderne Masedonies is nie dieselfde as die Masedonies uit die oudheid, 'n Indo-Europese taal wat slegs bekend is uit eiename en 'n paar afsonderlike woorde, nie. Dié taal is moontlik nou verwant aan Grieks.
Verwysings
Eksterne skakels
Nature of Standard Macedonian language by Mladen Srbinovski The Macedonian nationality 1920 US Census, Instructions to Enumerators, where Macedonian is listed as a principal foreign language Digital Dictionary of the Macedonian Language Macedonian - English, Greek, Albanian, German, French, Italian translator A grammar of Macedonian by Victor Friedman Macedonian — English, Greek, Albanian, German, French, Italian translator BBC Education — Languages: Macedonian, Makedonski The Macedonian Language Macedonian — English Dictionary Reading and Pronouncing Macedonian: An Interactive Tutorial UCLA Language materials project Krste Misirkov — On Macedonian Matters, 1903 year (Complete text of the book) Learn Macedonian Funky Macedonian - Get the gists of macedonian
Kategorie:Suid-Slawiese tale Kategorie:Tale van Albanië Kategorie:Tale van Bulgarye Kategorie:Tale van Griekeland Kategorie:Tale van Kosovo Kategorie:Tale van Noord-Masedonië Kategorie:Tale van Montenegro Kategorie:Tale van Roemenië Kategorie:Tale van Serwië