Napoleon Hill (26 Oktober 1883 – 8 November 1970) was 'n Amerikaanse skrywer, 'n deelnemer aan die new thought-skrywersbeweging, en een van die vroegste bydraers tot die moderne genre van persoonlike sukses literatuur.Briley, Richard Gaylord, 1995, The Seven Spiritual Secrets of Success, p. 151, Thomas Nelson Publishers, Sy mees bekende werk Think and Grow Rich van 1937, is een van die beste verkopers van alle tye. Ten tye van Hill se oorlye in 1970 is daar reeds 20 miljoen kopieë verkoop.AP, 10 November 1970, 'Grow Rich' Author Dies Hill se werke het die krag van persoonlike oortuigings ondersoek, en die rol wat dit speel in persoonlike sukses. Meeste van sy boeke het die beginsels beskryf waarvolgens "sukses" behaal kan word.

Aanhalings n Verlange is die wegspringplek vir 'n prestasie. Krag en groei word net voortgebring deur voortgesette moeite en inspanning. '''n Doel is 'n droom met 'n sperdatum. Kies jou woorde versigtig, want dit plant 'n saadjie vir sukses of mislukking by 'n ander. n Groot prestasie is gewoonlik te danke aan selfopoffering, en nooit aan selfsugtigheid nie.''

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf oor Napoleon Hill

Kategorie:Amerikaanse joernaliste Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1883 Kategorie:Sterftes in 1970