duimnael|links|170px|Ds. Landman Vogel, van 1997 tot 2002 die gemeente se eerste leraar.

Die Gereformeerde kerk Nylstroom is die tweede gemeente van die GKSA op die dorp Modimolle in die provinsie Limpopo. Einde 2015 het die gemeente 317 belydende en 45 dooplidmate gehad, vergeleke met 287 en 78 in 2001, twee jaar ná sy stigting.

Die Gereformeerde kerk Nylstroom het in 1997 afgestig van die Gereformeerde kerk Waterberg, ook op Modimolle, en beslaan buiten gedeeltes van die dorp wat eers bekendgestaan het as Nylstroom, ook ’n gedeelte van die distrik. Die twee gemeentes deel Waterberg se kerkgebou op die hoek van Chief Albert Luthuli- en Calvynstraat.

Predikante Vogel, Landman van der Merwe, 1997 – 2002 Swanepoel, Christoffel Bernardus, 2002 – 2009 Nagel, Cornelius Johannes, 2009 – 2014 Botha, dr. Christiaan, 2015 – 2019

Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika