regs|300px|duimnael|Die Gereformeerde kerk Elandskraal op Mooinooi.

duimnael|regs|160px|Ds. M.W. van der Walt, leraar van 1950 tot 1953.

duimnael|regs|270px|Ds. Hennie en mev. Arina Briel, leraarspaar van 1995 tot 2003.

Die Gereformeerde kerk Elandskraal is ’n gemeente in die GKSA se Klassis Krokodilrivier met sy middelpunt op die dorpie Mooinooi. Marikana, Buffelspoort, Barnardsvlei en Groenkloof val ook binne die gemeente grense. Einde 2015 was hier 217 belydende en 67 dooplidmate vergeleke met onderskeidelik 278 en 86 einde 2011.

Die Gereformeerde kerk Elandskraal het op 16 Oktober 1948 afgestig van die Gereformeerde kerk Rustenburg, die oudste in die Gereformeerde kerkverband. Aan die begin is die plaaslike skoolsaal op Mooinooi, tussen Rustenburg en Pretoria, vir eredienste gebruik. Kort ná afstigting het die gemeente begin beplan vir ’n eie kerkgebou. ’n Lidmaat, Roelie van Wyk, het 4 morge grond geskenk en J.M. van der Westhuizen is as argitek aangestel. Die bouaannemers was Nel en Moller.

Ds. D.N. Kotzé het die kerk se hoeksteen op 2 September 1950 gelê. In 1972 is die kerkgebou opgeknap en ’n nuwe preekstoel, orrel en banke ingesit.

Predikante Van der Walt, Marthinus Wessel, 1950 – 1953 Helberg, dr. Jacob Lewis, 1954 – 1958 Kruger, Tjaart Jan Jacobus, 1959 – 1963 Van der Merwe, Wynand Jacobus, 1964 – 1966 Du Plessis, Roelof Jacobus Petrus, 1968 – 1970 Van Jaarsveld, Andries Sarel Marthinus, 1971 – 1975 Prinsloo, Barend Daniël Cornelius, 1975 – 1994 (aanvaar sy emeritaat) Briel, Hendrik Johannes, 1995 – 2003 Nel, Lourens Andries Stephanus, 2008 – 2011. Christian Reformed Church of Langwarren in Melbourne, Australië. Van Rooy, Petrus Cornelius, 2012 – hede

Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook NG gemeente Marikana

Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika