duimnael|200px|Bleikmiddel, 'n oplossing van natriumhipochloriet|links 'n Hipochloriet is 'n sout wat die anioon ClO- bevat, wat die suurres van onderchlorigsuur HOCl is.

Die chlooratoom het 'n oksidasietoestand van +1. Hipochloriete is sterk oksidante.

Produksie Die elektrolise van pekel lewer chloorgas Cl2 en natronloog (bytsoda), 'n oplossing van natriumhidroksied NaOH. By lae temperature kan hulle 'n autoredoksreaksie ondergaan wat chloried- en hipochlorietione vorm:

In basiese oplossings is die hipochloriet-ioon stabiel maar by toevoeging van soutsuur HCl word onderchlorigsuur HOCl en uiteindelik Cl2 teruggevorm.

Toepassings Bleikmiddel is 'n oplossing van natriumhipochloriet en word baie in huishoudings gebruik. Kalsiumhipochloriet is die aktiewe bestanddeel van watersuiweringstablette vir drinkwater en opgaartenks.

Sien ook Lys van anione

Verwysings

Kategorie:Anorganiese chemie