Woody Allen (gebore Allen Stewart Konigsberg op 30 November 1935)https://books.google.com/books?id=81HYDwAAQBAJ&pg=PT11Celebrity Actor Director Birthdays Week yahoo.comhttps://web.archive.org/web/20230903021451/http://www.bfi.org.uk/films-tv-people/4ce2b9ef3006f is 'n Amerikaanse draaiboekskrywer, regisseur en akteur van Joodse afkoms. Allen het vier Oscars, nege Bafta- en twee Golden Globe-pryse oor sy meer as 60 jaar lange loopbaan ontvang. Hy word as een van die mees gerespekteerde rolprentregisseurs van die moderne era beskou.

Allen skryf sy eie draaiboeke en hanteer self die regie van sy films, en speel ook in die meeste daarvan. Die meeste van sy prente is tragikomedies met 'n droë, dog humoristiese trant, dikwels oor inwoners van New York met verhoudingsprobleme. Hy speel baie keer die rol van 'n verwarde, angstige karakter met gebrekkige selfvertroue.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Van sy bekendste prente is Everything You Always Wanted to Know About Sex (1972), Annie Hall (1977) en Match Point (2005). Hy ontvang Oscars vir die regie en draaiboeke van Annie Hall (1978),Beste regisseur en beste oorspronklike draaiboek, 50ste Oscar-toekenningsaand Hannah and Her Sisters (1987)Beste oorspronklike draaiboek, 59ste Oscar-toekenningsaand en Midnight in Paris (2012)Beste oorspronklike draaiboek, 84ste Oscar-toekenningsaand

Beknopte biografie duimnael|links|Allen in Take the Money and Run, 1969.

Allen Stewart Konigsberg is op 1 Desember 1935 in The Bronx gebore, maar word in Brooklyn in New York Stad groot. Sy ouers was Nettie ('n boekhouer) en Martin Konigsberg ('n graveur en kelner). Sy familie was Asjkenasiese Jode. Op 17 verander hy sy naam na Heywood Allen.

Allen begin op 19-jarige ouderdom draaiboeke vir TV-programme (soos The Ed Sullivan Show en The Tonight Show) te skryf. In 1961 begin hy om as 'n komediant op te tree. Sy eerste film, What's New Pussycat?, is in 1965 vrygestel. In 1966 skryf hy sy eerste toneelstuk, Don't Drink the Water, wat op Broadway opgevoer is. Sy fliek, Hannah and Her Sisters, het in 1986 $18 miljoen by die loket verdien.

Filmografie duimnael|Beeld van Allen in Oviedo, Spanje. duimnael|Allen speel in 'n jazz-orkes in Frankryk.

Regie 2020 – Rifkin's Festival 2019 – A Rainy Day in New York 2017 – Wonder Wheel 2016 – Café Society 2015 – Irrational Man 2014 – Magic in the Moonlight 2013 – Blue Jasmine 2012 – To Rome with Love 2011 – Midnight in Paris 2010 – You Will Meet a Tall Dark Stranger 2009 – Whatever Works 2008 – Vicky Cristina Barcelona 2007 – Cassandra's Dream 2006 – Scoop 2005 – Match Point 2004 – Melinda and Melinda 2003 – Anything Else 2002 – Hollywood Ending 2001 – The Curse of the Jade Scorpion 2000 – Picking Up the Pieces 2000 – Small Time Crooks 1999 – Sweet and Lowdown 1998 – The Impostors 1998 – Celebrity 1997 – Deconstructing Harry 1996 – Everyone Says I Love You 1995 – Mighty Aphrodite 1994 – Bullets Over Broadway 1993 – Manhattan Murder Mystery 1992 – Husbands and Wives 1992 – Shadows and Fog 1990 – Alice 1989 – Crimes and Misdemeanors 1989 – New York Stories (segment "Oedipus Wrecks") 1988 – Another Woman 1987 – September 1987 – Radio Days 1986 – Hannah and Her Sisters 1985 – The Purple Rose of Cairo 1984 – Broadway Danny Rose 1983 – Zelig 1982 – A Midsummer Night's Sex Comedy 1980 – Stardust Memories 1979 – Manhattan 1978 – Interiors 1977 – Annie Hall 1975 – Love and Death 1973 – Sleeper 1972 – Everything You Always Wanted to Know About Sex* (*But Were Afraid to Ask) 1971 – Bananas 1969 – Take the Money and Run 1966 – What's Up, Tiger Lily?

Slegs as akteur 2013 – Fading Gigolo 1991 – Scenes from a Mall 1987 – King Lear 1976 – The Front 1972 – Play It Again, Sam 1967 – Casino Royale 1965 – What's New Pussycat?

Kortverhale Getting Even (1971), Without Feathers (1975), Side Effects (1980), Mere Anarchy (2007),

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse draaiboekskrywers Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Amerikaanse komediante Kategorie:Amerikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Amerikaanse rolprentvervaardigers Kategorie:Geboortes in 1935 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu